TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Reis en Toerisme
Toeristegidse
Registrasie as Toergids
Registrasie as Toergids
BESKRYWING:
As jy as 'n toergids gekontrakteer of in diens geneem wil word deur 'n maatskappy, beslote korporasie of toeroperateur, moet jy geregistreer wees by die Toergidsregistrasiekantoor van die Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Wes-Kaap.
Jy kan jou laat registreer as jy nuut is in die bedryf of as jy 'n gids is wie se registrasie verval het.
Voor jy jou kan laat registreer, moet jy toergidsopleiding ondergaan deur 'n geakkrediteerde opleidingsorganisasie.
As jy 'n ongeregistreerde gids of 'n voormalige SATOER-gids is wat jou nog nie onder die nuwe stelsel laat registreer het nie, moet jy met een van die amptelike opleiers/assessors in verbinding tree, wat jou sal beoordeel. Jy kan dan die Toergidsregistrasiekantoor van die Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Wes-Kaap, skakel om jou registrasie as 'n amptelike toergids te voltooi.
VOORSKRIFTE:
Basiese stappe vir registrasie as 'n toergids in die Wes-Kaap:
Stap 1: Opleiding
Stap 2: Registrasie
Stap 3: Bemarking
Navrae
OPLEIDING
Kry opleiding as 'n toergids van enige geakkrediteerde opleier. 'n Volle lys Opleiders en Assessors is beskikbaar op die THETA Toerisme, Gasvryheid en Sportonderwys en -Opleidinggesag-webwerf www.theta.org.za of jy kan navraag doen by die Toergidsregistrasiekantoor.
REGISTRASIE
Wanneer die opleiding voltooi is, moet jy jou laat registreer by die Toergidsregistrasiekantoor van die Wes-Kaapse Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, waar 'n unieke toergidsnommer (WK-nommer), toergidskenteken en ID-kaart aan jou uitgereik sal word.
Om jou te laat registreer moet jy die volgende inligting verskaf:
Voltooide en ondertekende aansoekvorm, wat die tipe registrasie aandui.
Ondertekende oorspronklike Gedrags- en Etiekkode.
Gewaarmerkte afskrif van Bewys van Beoordeling van die THETA-geakkrediteerde Assessor/Opleidingverskaffer.
Gewaarmerkte afskrif van 'n Opleidingsertifikaat van die THETA-geakkrediteerde Assessor/Opleidingverskaffer.
Gewaarmerkte afskrif van 'n THETA-sertifikaat (THETA sal dit aan jou verskaf).
Gewaarmerkte afskrif van jou Suid-Afrikaanse ID of paspoort of van 'n Permanente Verblyf- of Werkpermit.
Gewaarmerkte afskrif van alle toergids- en verwante kwalifikasies.
n Geldige en gesertifiseerde Noodhulpsertifikaat.
Gewaarmerkte afskrif van bewys van taalvaardigheid vir elke vreemde taal waarin toere gelei sal word.
Vier paspoortgrootte kleurfoto's (skryf naam in drukskrif agter op foto's).
Die registrasiegeld van R240.00 per persoon, (maak alle tjeks betaalbaar aan die Departement van Ekonomiese Ontwikkeling).
Kassierskantoor:
Maandae tot Vrydae oop van 08:00 tot 15:00 (elke dag toe tussen 12:30 en 13:30).
BEMARKING
Nadat jy opgelei, beoordeel en geregistreer is, sal jy jouself as toergids moet bemark deur toeroperateurs vir werk te nader.
KONTAKBESONDERHEDE
Grondverdieping,
Die Toergidsregistrasiekantoor is vir die publiek oop van
Tel: 021 483 8734
Faks: 021 483 2957
Navrae oor ID-kaarte of -kentekens -
Tel: 021 483 3012
Faks: 021 483 2957
Navrae oor die herregistrasieproses en kennisgewing van adresverandering of kontakbesonderhede -
Tel: 021 483 2960
Faks: 021 483 8754
Navrae of kommentaar op die nuusbrief -
Tel: 021 483 9130
Faks: 021 483 2957
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
VERWANTE INLIGTING
Registrasie op die databasis vir swart ondernemings (Diens)
Aansoek om 'n geakkrediteerde verskaffer van toerisme-opleiding en -assessering te word (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 13 Desember 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
