ITMAS-befondsing vir die produksie en verspreiding van internasionale toerisme-bemarkingsmateriaal
ITMAS-befondsing vir die produksie en verspreiding van internasionale toerisme-bemarkingsmateriaal
Die Internasionale Toerismebemarkingsbystandskema (ITMAS) voorsien gedeeltelike vergoeding aan besighede vir sekere koste aangegaan vir bedrywighede wat gemik is op die bevordering van toerisme na Suid-Afrika.
Een van die skema se oogmerke is om Suid-Afrikaanse maatskappye by te staan om hul toerismeprodukte in die buiteland met behulp van brosjures, handleidings, multimedia-aanbiedings, rekenaar-gebaseerde bemarkingsinligting of enige ander internasionale bemarkingsmateriaal te bemark. Vergoeding word betaal vir die ontwerp, opstel, produksie, drukwerk, herdruk en verspreiding van materiaal om die produkte internasionaal te bemark.
Bystand sal ook verleen word met materiaal wat spesifiek vir die bemarking van toerismeprodukte in die buiteland geproduseer is.
Vir nadere besonderhede oor die skema, asook kwalifikasievereistes, verwys na die Riglyne oor die Internasionale Toerismebemarkingbystandskema.
Belangstellende besighede moet by die Departement van Omgewingsake en Toerisme aansoek doen om as deelnemers aan die skema te registreer. Aansoeke om registrasie sal geëvalueer word om seker te maak dat hulle aan die vereistes voldoen en aansoekers sal verwittig word of hulle aanvaar is of nie.
Die aansoekvorm vir registrasie - Aansoek om Registrasie om aan die Internasionale Toerismebemarkingbystandskema (ITMAS) deel te neem - kan hier afgelaai word of op versoek van die Departement van Omgewingsake en Toerisme en ook van die Wes-Kaapse Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme verkry word.
Ingevulde vorms moet aan die onderstaande adres teruggestuur word:
Departement van Omgewingsake en Toerisme
Privaatsak X447, Pretoria, 0001
Tel: 012 310 3427
Faks: 012 320 4740
Nadat u besigheid as deelnemer aan die skema aanvaar is, moet u die Aansoek om Finansiële Bystand vir die Produksie en Verspreiding van Internasionale toerismebemarkingsmateriaal invul om 'n eis om finansiële bystand in te dien.
Dit is u verantwoordelikheid om goedkeuring te verkry voor enige skema-verwante uitgawes aangegaan word. Die ingevulde vorm moet aan bogenoemde adres gestuur word.
