TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Reis en Toerisme
Befondsing
Aansoek om bystand van die Nywerheidsontwikkelingskorporasie se Toerismebesigheidseenheid
Aansoek om bystand van die Nywerheidsontwikkelingskorporasie se Toerismebesigheidseenheid
BESKRYWING:
Die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK) se Toerismebesigheidseenheid finansier kapitale besteding in toerismebesighede. Hierdie finansiering is gemik op besighede wat akkommodasie voorsien aan bona fide-toeriste, maar dek ook ander kapitaal-intensiewe toerismeprojekte met die potensiaal om `n aansienlike uitwerking op die groei van die toerismebedryf te hê.
Die hoofkriteria vir keuring is die volgende:
Projekte moet ekonomies lewensvatbaar wees.
Die NOK-leningsbedrag moet meer as R1 miljoen wees.
n Eienaarsbydrae van ten minste 40% van die totale projek word vereis. Dit kan na 20% verminder word vir bemagtigingsprojekte.
n Verskeidenheid projekte kwalifiseer vir befondsing en `n aantal finansieringsgeriewe is beskikbaar.
VOORSKRIFTE:
Aansoek word gedoen deur die voorlegging van `n sakeplan wat die voorgenome projek en die finansieringsvereistes uiteensit. Die sakeplan moet genoegsame inligting bevat omtrent die aansoeker, die projek, kosteberaming, bemarkingsplanne, indiensneming en ten minste `n vyfjaarbegroting, om die NOK in staat te stel om die meriete van die saak te beoordeel. Vir nadere besonderhede, tree in verbinding met:
Tel: 011 269 3509
Faks: 011 269 3709
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
VERWANTE INLIGTING
Toerisme-hulptoonbank vir entrepreneurs (Diens)
Aansoek om steun van die Klein en Medium Ondernemings-ontwikkelingsprogram (KMOOP) (Diens)
Projekbefondsing uit die begroting van die Hoofdirektoraat Toerisme-ontwikkeling (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 19 Februarie 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
