TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Reis en Toerisme
Onwikkel jou eie Sakeonderneming
Aansoeke om Toerismepadaanwysings
Aansoeke om Toerismepadaanwysings
BESKRYWING:
U kan aansoek doen om die oprigting van 'n toerismepadaanwysing naby u toerismegerief. Drie tipe plekke kan aansoek doen:
n Toerismegerief wat bestaan uit toeriste-besienswaardighede, -dienste, -akkommodasie en spesiale gebeure.
n Gemeenskaps- of openbare diens wat bestaan uit groot verkeersgenereerders (soos 'n streekswinkelsentrum) en kleiner verkeersgenereerders (soos 'n plek van aanbidding of lisensiëringskantoor).
n Kommersiële of sakediens of produk wat deur padaanwysers aangedui word langs (maar nie buite nie) die padskouer wat op voertuigbestuurders gemik is.
U kan 'n aanvanklike aansoek om 'n padaanwysing aan u naaste plaaslike toerismeburo (PTB) rig. Die PTB doen 'n aanbeveling op grond van die besonderhede in die aansoek. Die besonderhede word dan aan 'n hoër toerisme-owerheid deurgestuur waar nog oorwegings en aanbevelings gedoen word.
Na die ondersoekprosesse kan 'n brief van aanbeveling uitgereik word en indien die aansoek suksesvol is, kan die padaanwysing opgerig word. Gewoonlik betaal die eienaar/operateur van die toerismeplek vir die voorsiening van nie-noodpadaanwysings, m.a.w. vir toerismepadaanwysings soos besienswaardighede of dienste.
Indien die vereiste inligting spoedig voorsien word, behoort die oorweging van aansoeke nie langer as twee maande te duur nie.
VOORSKRIFTE:
Die dokument, Riglyne en Aansoekvorm vir Toerismepadaanwysings, bevat 'n inligtingsblad vir aansoeke, asook al die nodige vorms. Aansoekers kan hierdie dokument by hul naaste PTB bekom.
Nadat u die aanvanklike afdelings van die aansoekvorm ingevul het, moet u die dokumente aan die PTB terugbesorg vir oorweging.
Vir nadere besonderhede, verwys na die dokument getitel Provinsiale Toerismegeriewe-oudit en padaanwysingsraamwerk vir die Wes-Kaap.
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
VERWANTE INLIGTING
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 27 Junie 2005 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
