






UMPHANDLE|UBOMI BAKHO|IMIBA|USHICILELO|IZALATHISO |URHULUMENTE|IITHENDA|IMISEBENZI





English
|
Afrikaans
|
Malunga
|
Qhagamshelana
|
Uncedo
|
Funa nzulu  |



 





Umphandle > Izalathiso > Iinkonzo > Iinkonzo Zoluntu > Abantu Abaxhomekeke Kumachiza > Dwelmbehandeling en -berading

Dwelmbehandeling en -berading




INKCAZELO:

Mense wat hulp nodig het met die misbruik van middels, kan in Sentrums vir Dwelmbehandeling opgeneem word of hulle kan toegang kry tot dwelm- en alkoholberadingsdienste.
TOELATING TOT DWELMBEHANDELINGSENTRUMS

Enigiemand met 'n probleem met dwelmafhanklikheid kan na 'n sentrum vir dwelmbehandeling verwys word. Dit kan op drie maniere geskied:
* Die persoon kan aansoek doen om vrywillige toelating.
* 'n Hof kan beveel dat die persoon opgeneem moet word.
* Die persoon kan deur 'n hof gevonnis word om in 'n behandelingsentrum opgeneem te word nadat hy/sy aan 'n dwelmverwante misdaad skuldig bevind is.


DWELM- EN ALKOHOLBERADING

Jy kan dwelmberading kry by sentrums vir dwelmberading sonder dat jy in 'n behandelingsentrum opgeneem word.
Daar is ook 'n alkoholveiligheidskool, wat 'n opsie vir vonnis is vir diegene wat skuldig bevind word aan dronkbestuur, en 'n dwelminligtingskool vir jong mense tussen 12 en 21 jaar wat 'n dwelmverwante oortreding begaan het.


IMIYALELO:


OPNAME IN DWELMBEHANDELINGSENTRUMS
Vrywillige opname

Enigiemand wat namens hom- of haarself optree, of wat deur 'n vriend of deur 'n ouer of voog (namens 'n minderjarige) optree, kan aansoek doen om in 'n behandelingsentrum opgeneem te word. Dit word vrywillige opname genoem. Om aansoek te doen om vrywillige opname, moet jy die behandelingsentrum waar jy opgeneem wil word, kontak u naaste sentrum vir dwelmbehandeling. 'n Maatskaplike werker moet 'n verslag oor jou maatskaplike omstandighede opstel en jou mediese verslag of psigiatriese verslag kry om die vrywillige opname te ondersteun. Hierdie verslae moet na die hoof van die behandelingsentrum gestuur word, wat dan sal besluit of jy voordeel sal trek uit die behandeling en of jy dus toegelaat moet word, en of jy kan bekostig om vir die behandeling te betaal en of jy gesubsidieer moet word. Vrywillige opname is vir enige tydperk tot ses maande.

Kommittering

Jy kan 'n kommittering kry deur 'n hofbevel vir iemand met 'n probleem met afhanklikheid wat nadelig is vir die persoon. Om dit te doen, moet jy 'n klag indien by die staatsaanklaer in die landdrosdistrik waar die persoon woon. Jy kan ook na enige maatskaplike werker gaan en versoek dat die klag namens jou gel word.

Jou klagte moet ondersteun word deur 'n bedigde verklaring, deur jou of deur die maatskaplike werker, waarin jy beskryf hoe die persoon afhanklik is van dwelms en in watter opsig hierdie afhanklikheid skade veroorsaak. Die aanklaer sal dan die klerk van die hof vra om 'n dagvaarding uit te reik wat deur 'n polisiebeampte by die persoon afgelewer moet word. Die dagvaarding sal die persoon versoek om voor 'n landdros te verskyn vir 'n ondersoek.

Indien die aanklaer reeds 'n verslag van 'n maatskaplike werker oor die maatskaplike omstandighede van die persoon het, kan die aanklaer die landdros versoek om 'n lasbrief vir inhegtenisneming uit te reik vir hierdie ondersoek. Vir die ondersoek moet 'n maatskaplike werker 'n verslag opstel wat by die landdros ingedien moet word. Indien daar bevind word dat die persoon afhanklik is van dwelmmiddels en dat enigiemand nadelig geraak word daardeur, en dat dit in die belang van die gemeenskap is dat hy behandeling moet ontvang, kan daardie persoon na 'n behandelingsentrum verwys word. Die besluit kan herroep word of dit kan deur die Hooggeregshof hersien word.

Vonnis

Indien 'n persoon skuldig bevind word aan 'n dwelmverwante misdaad wat die gevolg was van die feit dat die persoon aan dwelms of alkohol verslaaf is, kan 'n vonnis opgel word dat die persoon na 'n behandelingsentrum moet gaan. 'n Proefbeampte of maatskaplike werker moet egter ook vir die hof 'n verslag invul met 'n aanbeveling dat hierdie persoon behandeling vir die afhanklikheidsprobleem nodig het.

SENTRUMS VIR DWELMBEHANDELING

De Novo Behandelingsentrum
Ou Paarl-weg, Kraaifontein, 7570
Poskantoor Kraaifontein, 7569
Tel: 021 988 1138/9
Faks: 021 988 0426
E-pos: FJ Steven

Hesketh King Behandelingsentrum
Ou Paarl-weg, Muldersvlei-distrik, Stellenbosch, 7600
Posbus 5, Elsenburg, 7607
Tel: 021 884 4600/1
Faks: 021 884 4602
E-pos: JM Bosch

Kenilworth Place Addiction Treatment Centre
Kenilworth-weg 32, Kenilworth, 7708
Privaat sak X2, Kenilworth, 7745
Tel: 021 763 4500
Faks: 021 763 4558
E-pos: Deidre Greyling

Ramot Behandelingsentrum
Towerstraat 54, Parow, 7500
Tel: 021 939 2033
Faks: 021 930 3123
E-pos: Kobus Pienaar

Serenity Sorgsentrum
Elandskraal, Ou Barrington-weg, Sedgefield, 6573
Posbus 1290, Knysna, 6570
Tel: (044) 343 1395/2179
Faks: (044) 343 1919
E-pos: Lynne Allen

Toevlug Sentrum
Noblestraat 40, Worcester, 6850
Posbus 515, Worcester, 6849
Tel: (023) 342 1162Faks: (023) 347 3232
E-pos: Frances Bantom

DWELM- EN ALKOHOLBERADING

'n Mens kan dwelmberading verkry deur een van die volgende sentrums te skakel of te besoek:

Kaapstad Sentrum vir Dwelmberading
Romanweg 1, Observatory, 7925
Posbus 56, Observatory, 7935
Tel: 021 447 8026
Faks: 021 447 8818

SANRA: Alkohol- en Dwelmsentrum
Wes-Kaapse Streekkantoor
Tygerberg Sentrum 602, Voortrekkerweg 16, Bellville, 7530
Tel: 021 945 4080/1
Faks: 021 945 4082

Vir enige navrae in verband met die alkoholveiligheidskool of dwelminligtingskool, kontak:
Kathlene Coetzee
Departement van Maatskaplike Dienste en Armoedeverligting
Koningin Victoria-straat 14, Kaapstad, 8001
Privaat sak X9112, Kaapstad, 8000
Tel: 021 483 3519
Faks: 021 483 4481

IBONELELWA LISEBE:



ICANDELO LIKARHULUMENTE:

Department of Social Development (Provincial Government of the Western Cape)





This content also available in English | Hierdie inhoud is ook beskibaar in Afrikaans

YAYAMENE

* Ukuncedwa kwabasebenzisa iziyobisi ngokugqithisileyo (IiNkonzo)
* Help for drug addicts: Narcotics Anonymous (Qhagamshela) (ifumaneka ngesiNgesi kuphela)
* National Drug Master Plan - Isebe Lophuhliso Loluntu (ISicwangciso -qhinga/ISicwangciso Soshishino) (File type: doc) (ifumaneka ngesiNgesi kuphela)
* Ke Moja Drug Education Programme (IiProjekthi) (ifumaneka ngesiNgesi kuphela)



Umxholo okweli phepha wagqibela ukuhlaziywa nge- 12 uEpreli 2006



Ingaba kukho nto ungayiqondiyo kwiintetho zaseburhulumenteni



| IMIBUZO? Sibuze nje wena: questions@capegateway.gov.za



Isigama Esinokusetyenziswa | uMgaqo-nkqubo Wemfihlelo | Ilungelo Lobunini







I-Cape Gateway yinkonzo karhulumente ejoliswe kubemi beNtshona Koloni, ebonelela ngolwazi ngorhulumente wedolophu, owephondo nowesizwe





