Toepassing van 'n onderhoudsbevel
Toepassing van 'n onderhoudsbevel
Indien die hof beveel het dat 'n ouer onderhoud vir kinders moet betaal, is dit 'n kriminele oortreding om nie te betaal nie.
As die kind se vader nie onderhoud betaal nie, selfs al het die hof hom beveel om dit te doen, moet jy die volgende doen:
Gaan na die onderhoudsbeampte en dien 'n klag in. Dit is belangrik om 'n formele klag in te dien elke keer wanneer die vader nie betaal nie.
Die onderhoudskantoor teken elke keer aan wanneer die vader betaal. Hierdie rekord sal aantoon wanneer hy nie betaal nie en hoeveel hy skuld.
As die vader werk en nalaat om die onderhoud te betaal, moet die moeder die hof versoek om te beveel dat die onderhoud direk van sy werkgewer verkry word.
Indien die vader nie betaal nie, verontagsaam hy die bevel van die hof. Dit is 'n oortreding. Die hof sal 'n kennisgewing aan die vader stuur om hom in te lig dat hy op 'n sekere datum in die hof moet verskyn. Hy moet dan verduidelik waarom hy nie die geld betaal het nie. Indien hy nie 'n goeie rede het nie, sal die hof gewoonlik vir hom sê dat hy al die onderhoud wat hy skuld moet betaal, anders sal hy tronk toe gaan.
Daar is mense wat onderhoudsondersoekers genoem word en wat die onderhoudsbeampte sal help om die vader op te spoor indien hy verdwyn het.
Vir meer inligting, kontak die onderhoudsbeampte by jou plaaslike landdroshof.
