TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Maatskaplike Dienste
Kinders en Gesinne
Hoe om 'n onderhoudsbevel te verkry
Hoe om 'n onderhoudsbevel te verkry
BESKRYWING:
Albei ouers het 'n wetlike verpligting om hul kinders te onderhou.
Een ouer kan by die Onderhoudshof aansoek doen dat die ander ouer onderhoud vir hul kinders moet betaal. 'n Moeder sal gewoonlik aansoek doen om 'n bevel teen die vader.
As die kinders nie by die moeder of die vader bly nie, kan die persoon wat vir hulle sorg, aansoek doen om onderhoud van die ouers. Indien 'n kind byvoorbeeld by die grootouers bly, kan die grootouers aansoek doen om onderhoud van die vader en moeder van die kind te kry.
Sodra 'n hofbevel uitgereik is wat 'n ouer opdrag gee om onderhoud vir 'n kind te betaal, is dit 'n kriminele oortreding om nie te betaal nie.
Daar is spesiale Onderhoudshowe by elke Landdroshof.Onderhoudsbeamptes werk in hierdie howe en help mense wat om onderhoud wil aansoek doen. Hulle hanteer ook aansoeke om meer of minder onderhoud.
VOORSKRIFTE:
Dit is 'n lang en ingewikkelde proses en dit kan heelwat tyd in beslag neem. Om vir 'n onderhoudsbevel teen die vader van jou kind aansoek te doen, moet jy die volgende doen:
Gaan na die onderhoudsbeampte by die Onderhoudshof in jou omgewing om aansoek te doen om die hofbevel. Jy sal die volgende nodig hê:
Die naam en adres van die kind se vader, sowel as die besonderhede van waar hy werk n Foto van die vader (indien beskikbaar)
Jou identiteitsdokument
Die kinders se geboortesertifikate n Bywoningsbrief van die skoolhoof van enige skoolgaande kind n Afskrif van die egskeidingsbevel (indien van toepassing)
Bewys van jou inkomste (byvoorbeeld 'n salarisstrokie)
Jou dokumente, kwitansies en rekeninge waarop alles wat jy elke maand moet betaal, aangetoon word
Die onderhoudsbeampte sal 'n dagvaarding aan die vader stuur om hom te versoek om op 'n sekere datum na die onderhoudskantoor te gaan.
Op die spesifieke datum moet jy en die vader na die kantoor gaan om te bepaal hoeveel die vader vir sy kinders moet betaal.
Die onderhoudsbeampte sal jou help om uit te werk waarvoor jy alles elke maand moet betaal, hoeveel geld jy verdien en hoeveel geld die vader verdien.
Indien die vader sê dat hy nie die kind se vader is nie, moet jy die hof versoek om te beveel dat 'n vaderskapstoets gedoen moet word.
Indien julle ooreenkom hoeveel die vader vir sy kinders moet betaal, sal die onderhoudsbeampte julle albei 'n dokument, naamlik 'n bevel van die hof, laat onderteken. Hierin word gesê dat die vader die ooreengekome bedrag geld elke week of elke maand moet betaal.
Indien julle nie op 'n bedrag ooreenkom nie, of indien die vader nie op daardie dag na die kantoor gaan nie, sal die beampte vir jou sê dat jou saak na die Onderhoudshof verwys word. Die hof stuur 'n kennisgewing aan jou en aan die vader waarin julle albei opdrag kry om op 'n sekere datum in die Onderhoudshof te verskyn.
Die landdros sal na albei ouers se stories luister. Hulle sal die moeder en die vader vra om aan te toon hoeveel hulle verdien en hoeveel hulle elke maand betaal vir goed soos huur, elektrisiteit en kos.
Die landdros besluit dan hoeveel die vader vir sy kinders moet betaal. Die landdros sal hierdie bedrag skriftelik 'n bevel van die hof maak.
Die vader moet die bedrag onderhoud elke week of maand aan die onderhoudskantoor betaal. Die moeder moet die geld by die onderhoudskantoor gaan haal. Die vader kan ook sy onderhoud in die moeder se bankrekening inbetaal sodat die moeder nie die geld by die kantoor hoef te gaan haal nie.
Vir meer inligting, kontak die onderhoudsbeampte by jou plaaslike landdroshof.
VERSKAF BY:
Landdroshof
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling (Die Regering van Suid-Afrika)
VERWANTE INLIGTING
Toepassing van 'n onderhoudsbevel (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 19 Mei 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
