TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Lewe en Familie
Huwelik / Egskeiding
Gaan jou Huwelikstatus na
Gaan jou Huwelikstatus na
BESKRYWING:
Die Departement van Binnelandse Sake het 'n nuwe aanlyn huwelik-verifikasiediens ingestel as deel van die Gaan jou Huwelikstatus na-veldtog wat aan die begin van Augustus van stapel gestuur is.
Die diens is beskikbaar gestel om te help om voorvalle waar Sud-Afrikaners onwetend met buitelanders getroud is te voorkom en bloot te lê. Die buitelandse gades gebruik die huwelik om verblyf- en werkpermitte in Suid-Afrika te kry. Teen 18 Augustus 2004 het die Veldtog reeds 200 vals huwelike in Suid-Afrika aan die lig gebring.
Die Departrment het onderneem om verblyfpermitte, werkpermitte en die burgerskap van mense wat voordeel uit vals huwelike getrek het, nietig te verklaar.
VOORSKRIFTE:
As jy 'n Suid-Afrikaanse burger is, kan jy jou huwelikstatus nagaan deur op die Departement van Binnelandse Sake se webblad aan te teken en jou ID-nommer in te vul.Jy kan ook jou status by jou plaaslike Binnelandse Sake-kantoor nagaan of in kantoortyd (07:15 - 15:45) die tolvry nommer 0800 10 1994 skakel.
VERSKAF BY:
Binnelandse Sake-kantore
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 4 Februarie 2009 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
