






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES|GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Gidse > Dienste > Lewe en Familie > Geboorte > Aansoek om 'n Geboortesertifikaat

Aansoek om 'n Geboortesertifikaat




BESKRYWING:

'n Geboortesertifikaat word uitgereik wanneer 'n kind by die staat geregistreer is. Dit bevat die besonderhede van die kind en word vereis as bewys van identiteit.

As jy jou geboortesertifikaat verloor het of nog 'n eksemplaar daarvan nodig het, kan jy by die naaste Binnelandse Sake-kantoor daarom aansoek doen. Iemand wat buite die land is, kan by 'n Suid-Afrikaanse missie of konsulaat aansoek doen.
Jy kan aansoek doen om 'n verkorte sertifikaat of 'n volledige sertifikaat.


VOORSKRIFTE:

Vul asseblief vorm BI-154 in swart ink in en dien dit in.

'n Verkorte geboortesertifikaat kan dieselfde dag beskikbaar gestel word en sal R10 kos.
Dit neem ongeveer ses na agt weke om 'n aansoek om 'n volledige geboortesertifikaat te verwerk. Die koste is R45.


VERSKAF BY:

Hierdie fasiliteitskategori:
* Binnelandse Sake-kantore


VERSKAF DEUR:



STAATSLIGGAAM:

Departement van Binnelandse Sake (Die Regering van Suid-Afrika)





This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa

VERWANTE INLIGTING

* Registrasie van aanneming (Diens)
* Aansoek om 'n Geboortesertifikaat (Diens)
* Registrering van die Geboorte van jou Kind (Diens)



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 26 November 2007 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





