TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Provinsiale Departement van Gesondheid
Dienste
Gesondheid
Rehabilitasie
Hulptoestelle
Hulptoestelle
OORSIG
DIENSTE
PROJEKTE
NUUS
PUBLIKASIES
OPENBARE ENTITEITE
FASILITEITE
KONTAK
BESKRYWING:
Hierdie diens het ten doel om hulptoestelle soos rolstoele en loophokke en gehoortoestelle aan mense wat dit nodig het, te voorsien en voor te skryf dit in stand te hou en weer bruikbaar te maak.
Daar is verskeie sentrums in die streke waar hulptoestelle in stand gehou en herstel kan word:
Daar is in die algemeen 'n tekort aan hulptoestelle regoor die Wes-Kaap. Dienste is in die reël afhanklik van donasies vir tweedehandse items en die aankoop van nuwe toerusting.
VOORSKRIFTE:
Om 'n rolstoel of 'n oop karretjie (stootwaentjie) - in die geval van kinders - te bekom, moet u na die naaste primêre gesondheidsorgsentrum gaan wat hierdie diens aanbied. U sal deur 'n arbeidsterapeut, fisioterapeut of suster vir ortopediese nasorg geassesseer word en 'n besluit rakende die mees gepaste hulptoestel, indien nodig, sal gemaak word.Diegene wat die kliniek of sekondêre of tersiêre hospitaal vir die eerste maal besoek, sal gevra word om 'n vorm in te vul en 'n lêer sal oopgemaak word. Bring u ID, of in die geval van 'n kind, die Pad na Gesondheid-kaart. Indien u 'n hulptoestel nodig het, moet u vra om die suster vir ortopediese nasorg of fisioterapeut/arbeidsterapeut by die naaste kliniek of gemeenskapgesondheidsentrum/distrikhospitaal te sien.
VERSKAF BY:
Klinieke
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
PRYS:
n Rolstoel, waarop die pasiënt lewensgebruik het, kos omtrent R395. Die oop karretjie kos R250 en moet aan die staat terugbesorg word wanneer dit nie meer gebruik word nie. Die oop karretjie sal herverkoop word, maar teen 'n laer koste. Alle hulptoestelle kan in maandelikse paaiemente afbetaal word. Na aanleiding van Gesondheidsminister Manto Tshabalala-Msimang se aankondiging dat 'n gratis gesondheidsorgbeleid vir mense met gestremdhede op 1 Julie 2003 in werking tree, behoort hierdie dienste gratis te wees. Dit dek besoeke aan die buite-afdeling en toelatings tot hospitale, en sluit ongeskiktheidshulpmiddels soos rolstoele en gehoortoestelle in. Die gratis diens behoort mense met permanente gestremdhede in te sluit wie se vermoë om 'n normale lewe te lei, taamlik tot ernstig hierdeur gestrem word, asook ouer mense wat as verswak beskou word, en langtermynpasiënte in inrigtings vir geestesgesondheidsorg. Die maatstawwe vir assessering en die wyse waarop dit toegepas gaan word, word tans ondersoek.
VERWANTE INLIGTING
Geriatriese Sorg (Diens)
Rehabilitasiedienste (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 9 Februarie 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
