






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES|GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Gidse > Dienste > Gesondheid > Voeding > Gentegreerde Voedingsprogram

Gentegreerde Voedingsprogram




BESKRYWING:

Die Gentegreerde Voedingsprogram streef daarna om die voedingstatus van al die mense in die Provinsie Wes-Kaap te verbeter.
* Wat is wanvoeding?
* Aanvullings vir kinders
* Borsvoeding
* Groeimonitering
* Armoedeverligting
* Vitamienaanvullings
* Ontwurming
* Voedingsraad vir spesifieke toestande
* Laerskoolvoedingsprogram
* Voedsel in inrigtings

WAT IS WANVOEDING?

Wanvoeding is 'n ernstige probleem in Suid-Afrika en dit is een van die faktore wat die meeste bydra tot kindersiektes en -sterftes. Daar word beraam dat ongeveer 30% van Suid-Afrika se kinders se groei vertraag word as gevolg van 'n gebrek aan toereikende voeding gedurende hul vroe lewensjare.

Onvoldoende voedselinname, siekte en psigologiese stres/trauma is die belangrikste onmiddellike oorsake van wanvoeding. Armoede en 'n gebrek aan hulpbronne is basiese faktore wat tot wanvoeding bydra. Die Gentegreerde Voedingsprogram probeer om hierdie stille epidemie op verskillende maniere te hanteer.

AANVULLINGS VIR KINDERS

Op die vlak van primre gesondheidsorg sal kinders wat ondersoek word en as ondervoed gedentifiseer word (dit sluit kinders en volwassenes wat MIV-positief is en di met tuberkulose in) voedingaanvullings, met inbegrip van versterkte mieliemeel en 'n ho-energiedrankie, ontvang. Aanvullings word volgens sekere kriteria aan gedentifiseerde klinte gegee. Gesondheidswerkers verskaf ook berading, inligting en opvoeding oor gesonde dite en die gesondste maniere om voedsel voor te berei. Dieetkundiges lewer gespesialiseerde dienste aan die gemeenskap.

BORSVOEDING

Om te help om wanvoeding in die vroe kinderjare te bekamp, moedig gesondheidswerkers vroue aan om hul kinders tot op die ouderdom van ses maande uitsluitlik te borsvoed en om daarna aan te gaan met borsvoeding saam met die gepaste komplementre kossoorte totdat die kind twee jaar oud is. Ander voedingsopsies word bespreek met moeders wat MIV-positief is. Volgens die inisiatief vir babavriendelike hospitale is Vredendal Hospitaal en Groote Schuur se Kraamsentrum babavriendelike hospitale in die Provinsie.

GROEIMONITERING

Alle kinders word gereeld geweeg as deel van die groeimoniteringsprogram, 'n sensitiewe aanduider van die kind se groei. Die kind se gewig word op die Pad na Gesondheid-kaart aangeteken. Daar word ondersoek ingestel na onderliggende oorsake vir gewigsverlies, byvoorbeeld aansteeklike siektes, 'n tekort aan voedsel by die huis en kinderverwaarlosing. Aansteeklike siektes speel 'n groot rol in ondervoeding en hierdie siektes word op die vlak van primre gesondheidsorg behandel. Diarreesiektes is nou verwant aan swak omgewingshigine (sanitasie en watervoorsiening) en ondervoeding of swak voeding van 'n baba, wat die kind meer kwesbaar maak vir ernstige en uitgerekte diarree.

ARMOEDEVERLIGTING

Armoedige huishoudings word gedentifiseer en na een van die regering se programme vir armoedeverligting verwys. Daar word intersektoraal aandag gegee aan voedselsekuriteit van huishoudings, en die toepaslike ingrypings en ondersteuning word verskaf.

VITAMIENAANVULLINGS

Die beheer van tekorte aan mikronutrinte is 'n noodsaaklike deel van die diens. Mikronutrinte is natuurlike stowwe soos vitamiene en minerale wat in klein hoeveelhede in kos aangetref word en wat baie belangrik is vir die instandhouding van goeie gesondheid. Die Gentegreerde Voedingsprogram verskaf vitamien A-aanvullings aan geteikende kinders. Kinders met 'n tekort aan vitamien A verloor gewig, groei nie behoorlik nie en is meer geneig om infeksies op te doen en daarvan te sterf. 'n Tekort aan vitamien A beskadig ook die o en is een van die belangrikste oorsake van blindheid onder kinders.

Kinders met 'n lae geboortegewig ontvang vitamien A-kapsules wat hul immuunstelsel bevorder en help met die kind se ontwikkeling en groei. Babas van 6 tot 11 maande ontvang 'n enkeldosis vitamien A (100 000 IU) om ernstige siektes te voorkom. Kinders van 12 maande tot vyf jaar ontvang 'n enkeldosis van 200 000 IU op 12 maande en dan 'n dosis van 200 000 IU elke ses maande tot die ouderdom van vyf jaar.

Bykomende dosisse vitamien A word gegee aan kinders wat aan ernstige wanvoeding ly of wat aanhoudend aansteeklike siektes het soos diarree, masels of MIV-infeksie.

ONTWURMING

Gewigsverlies by kinders kan ook die gevolg wees van besmetting met wurms, en dit kan met ontwurmingsmedikasie by die kliniek behandel word.

VOEDINGSRAAD VIR SPESIFIEKE TOESTANDE

Opvoeding, inligting en berading oor voeding word op alle vlakke van sorg aangebied vir mense wat beroerte gehad het, aan ho bloeddruk, diabetes, MIV/vigs en tuberkulose ly.

LAERSKOOLVOEDINGSPROGRAM

Die voedingsprogram vir primre skole is beskikbaar by subekonomiese skole wat spesifiek gedentifiseer is. Hierdie skemas word tans saam met die Departement van Onderwys aangebied. Die provinsiale regering streef daarna om teen 2004 125 000 kinders by 847 primre skole in die Provinsie te bereik met die voedingsprogram by skole.

VOEDSEL IN INRIGTINGS
Die Gentegreerde Voedingsprogram dra ook by tot die institusionele versorging van klinte deur voedseldiensstelsels vir die voorsiening van gebalanseerde voeding.


VOORSKRIFTE:

Persone wat die kliniek, sekondre of tersire hospitaal vir die eerste maal besoek, sal gevra word om 'n vorm in te vul en 'n ler sal vir die pasint oopgemaak word. Bring jou ID saam. 'n Verwysingsbrief van die kliniek sal verlang word wanneer 'n hospitaal besoek word. Hospitale sal jou mees onlangse betaalstrokie/belastingaanslag (IRP5) verlang. Bring jou hospitaalkaart saam indien jy voorheen by die hospitaal geregistreer het.


VERSKAF BY:

Hierdie fasiliteitskategori:
* Klinieke


VERSKAF DEUR:



STAATSLIGGAAM:

Departement van Gesondheid (The Government of South Africa)





This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa

VERWANTE INLIGTING

* Integrated Nutrition Programme - A Foundation for Life (Openbare Inligting) (net in Engels beskikbaar)
* Integrated Nutrition Programme - National Publications (Openbare Inligting) (File type: pdf; size: 153 KB) (net in Engels beskikbaar)
* National Nutrition Strategic Plan 2002/03 - 2006/07 - Departement van Gesondheid (Strategiese Plan/Sakeplan) (File type: pdf; size: 152 KB) (net in Engels beskikbaar)
* Sifting vir Kinderontwikkeling en Monitering van Groei (Diens)
* Re-Establishing a Breastfeeding Culture in South Africa (Openbare Inligting) (net in Engels beskikbaar)



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 29 Augustus 2005 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





