






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES|GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Gidse > Dienste > Gesondheid > Geestesgesondheid > Hulp met Dwelmmisbruik

Hulp met Dwelmmisbruik




BESKRYWING:

Gemeenskapsgebaseerde geestesgesondheidsorgdienste is op primre en hospitaalvlak beskikbaar vir kinders, adolessente en volwassenes met probleme met die misbruik van dwelmmiddels.

Klinte met probleme met die misbruik van dwelmmiddels kan toegang kry tot behandeling by klinieke vir primre geestesgesondheid.

Detoksifikasie vir buitepasinte kan, indien nodig, op primre vlak aangebied word. Klinte wat van dwelmmiddels afhanklik is, kan, afhangend van die middel en ander faktore, matige tot erge onttrekkingsimptome ervaar wanneer hulle ophou om die middels te gebruik. Detoksifikasie is 'n mediese ingryping wat help om die fisiese en psigologiese impak te beperk en om moontlike mediese risiko's van onttrekking van die middel te bestuur voordat die klint vir verdere behandeling en rehabilitasie gaan.

Wanneer 'n klint se probleem met die misbruik van dwelmmiddels meer intensiewe dienste benodig, is die onderstaande dienste beskikbaar.

Streekshospitale (sekondre vlak) bied detoksifikasiedienste aan vir mense met alkohol- en dwelmafhanklikheid voor toelating tot die sentrums vir die behandeling van dwelmmisbruik vir verdere behandeling en rehabilitasie.

De Nova Behandelingsentrum in Kraaifontein word ten volle deur die Departement van Maatskaplike Dienste gesubsidieer en verskaf binnepasintbehandeling vir mense met alkohol- en dwelmafhanklikheid. Die diens is vir behoeftige klinte en vir di wat deur die kriminele regstelsel verwys is. Psigiatriese en psigologiese dienste word op 'n sessiebasis aangebied deur professionele geestesgesondheidswerkers wat in diens van die Departement van Gesondheid is.
Sekere sentrums vir die behandeling van dwelmmisbruik wat deur nie-regeringsorganisasies bedryf word, is geregistreer by en word gedeeltelik gesubsidieer deur die Departement van Maatskaplike Dienste. 'n Paar private sentrums vir die behandeling van dwelmafhanklikheid is deur die Departement van Gesondheid gelisensieer om programme vir die misbruik van dwelmmiddels, met inbegrip van detoksifikasieprogramme, aan te bied. Stikland Hospitaal bied ook 'n alkoholrehabilitasiediens vir binnepasinte aan.


VOORSKRIFTE:

Elke sentrum het spesifieke prosedures vir verwysing. Inligting oor hierdie prosedures kan verkry word deur die sentrums te skakel. Kontakbesonderhede van die sentrums verskyn in die geestesgesondheidsgids.


VERSKAF BY:

Hierdie fasiliteitskategori:
* Gespesialiseerdegesondheidsorgfasiliteite


VERSKAF DEUR:



STAATSLIGGAAM:

Departement van Gesondheid (Die Regering van Suid-Afrika)





This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa

VERWANTE INLIGTING

* Rehabilitasiedienste (Diens)
* Ingryping by Risiko-jeugdiges (Diens)
* Primre Geestesgesondheidsorgdienste (Diens)



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 14 Mei 2006 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





