Geestesgesondheidshospitaaldienste
Geestesgesondheidshospitaaldienste
Geestesgesondheidsdienste vir binne- en buitepasiënte is beskikbaar vir kinders en volwassenes gedurende tydperke wanneer hul behoefte aan geestesgesondheidsorg meer intensiewe en omvattende sorg vereis as wat op die primêre vlak van sorg beskikbaar is.
Hospitaalsorg vir geestesgesondheid word tans primêr aangebied by eenhede wat in die metropolitaanse streek geleë is, maar hierdie sentra bied dienste vir kliënte oral in die Provinsie volgens aangewese gebiede aan.
Die volgende vier psigiatriese hospitale bied gespesialiseerde binne- en buitepasiëntsorg vir volwassenes aan:
Valkenberg Hospitaal en Stikland Hospitaal bied hoofsaaklik 'n diens vir algemene psigiatriese siektes aan.
Lentegeur Hospitaal bied dienste aan vir mense met geestesongesteldhede of intellektuele gestremdhede.
Alexandra Hospitaal bied slegs vir mense met intellektuele gestremdhede dienste aan.
Provinsiale dienste vir kinders is by die volgende eenhede beskikbaar:
Die Rooikruis Kinder- en Gesinseenheid, Rondebosch, Kaapstad, bied 'n buitepasiëntdiens aan vir kinders met probleme met geestesgesondheid. Daar is ook 'n gespesialiseerde binnepasiëntdiens vir kinders jonger as 12. Vir meer inligting, skakel 021 685 4103.
Tygerberg Kinder- en Gesinseenheid bied binne- en buitepasiëntsorg vir kinders en adolessente. Skakel 021 938 4573 vir meer inligting.
Lentegeur Kinder- en Gesinseenheid het 'n binne- en buitepasiëntdiens vir kinders en adolessente: Skakel 021 370 1111.
Gespesialiseerde binne- en buitepasiëntdienste vir sekere geestesongesteldhede is ook beskikbaar by die Universiteit van Kaapstad se Departement Sielkunde, by Groote Schuur Hospitaal, Stellenbosch Universiteit se Departement Sielkunde en by Tygerberg Hospitaal.
Vir inligting oor toegang tot hospitaaldienste vir volwassenes en kinders wat in die ander streke woon, kontak:
Suid-Kaap/Karoo: Tel. 044 802 4537 of faks 044 874 5017.
n Binnepasiëntdiens met kort verblyf vir psigiatriese behandeling word by die George Hospitaal in die Suid-Kaap/Karoo aangebied.
Weskus/Wynland: Skakel 022 487 9264 of faks 022 487 2927.
Potensiële kliënte moet deur primêre geestesgesondheidsdienste of sekondêre (streeks-) hospitale na hierdie hospitale verwys word. Die gesondheidswerker wat die persoon verwys, moet die hospitaal kontak om vooraf te reël dat die persoon toegelaat word. Vir gespesialiseerde geestesgesondheidsdienste wat by tersiêre hospitale, naamlik Rooikruis, Groote Schuur of Tygerberg, aangebied word, word 'n verwysingsbrief of voltooide aansoek om toelating (wat by die dienssentrum verkrygbaar is) verlang voordat daar 'n afspraak gemaak kan word vir 'n diens.
Tans is gespesialiseerde dienste slegs in die Metro beskikbaar. Die Metro bied egter volgens dreineringsgebiede dienste in die hele Provinsie aan. Persone wat vir die eerste keer na psigiatriese of tersiêre hospitale verwys word, sal gevra word om 'n vorm in te vul, en 'n lêer sal vir die pasiënt oopgemaak word. Bring jou ID-boekie saam. 'n Verwysingsbrief van die kliniek sal verlang word wanneer jy 'n hospitaal besoek. Hospitale sal jou mees onlangse betaalstrokie/belastingaanslag (IRP5) vra. Bring jou hospitaalkaart saam indien jy voorheen by die hospitaal geregistreer het.
Die meeste kliënte word vrywillig opgeneem vir hospitaalbehandeling. Indien die pasiënt in 'n psigiatriese krisis verkeer en nie gewillig is om na die hospitaal te gaan nie, of nie sy/haar eie behoefte aan hospitaalbehandeling kan assesseer nie en 'n risiko vir sy/haar eie veiligheid of die veiligheid van ander inhou, kan dit ingevolge die huidige Wet op Geestesgesondheid vir familielede nodig wees om die persoon in die hospitaal te laat opneem. In hierdie geval behoort die familielede 'n aansoek by die plaaslike landdros in die distrik in te dien om hulp met die verkryging van nie-vrywillige sorg. Wetgewing in verband met geestesgesondheid word tans hersien en veranderinge sal aangebring word aan die proses vir die toelating van 'n persoon vir nie-vrywillige sorg wanneer die nuwe Wet op Geestesgesondheid en die gepaardgaande regulasies formeel gepromulgeer word.
By ontslag uit die hospitaal kan 'n opvolgafspraak met die geestesgesondheidsverpleegkundige by die kliniek naaste aan die kliënt se huis gereël word om deurlopende sorg te verseker.
Vir meer inligting, kontak:
Geassosieerde Psigiatriese Hospitale se Streekkantoor
Tel. 021 440 3300
Faks 021 440 3272
Tel. 021 503 5000
Faks 021 511 1919
Dr. du Toit, Senior Mediese Superintendent
Mev. R Fisher, Hoof van Verpleegkunde
Dr. Elizabeth Peter, Hoof van Kliniese Dienste
Tel. 021 370 1111
Faks 021 371 7359
Lentegeur Diens vir Intellektuele Gestremdhede
Tel. 021 940 4400
Faks 021 910 3508
Mynhardt Visser, Hoof van Verpleegkunde
Prof. Willie Pienaar, Hoof van Kliniese Dienste
Valkenberg Hospitaal
Tel. 021 440 3111
Faks 021 447 6041
Dr. B Eick, Senior Mediese Superintendent
