Menopouse-sorg
Menopouse-sorg
Vroue wat vervroegde menopouse ervaar (voor die ouderdom van 45 jaar) of wat in menopouse is en ongemaklike simptome ervaar, kan 'n ginekologiese assessering en ondersoek ondergaan. Hormonale toetse kan gedoen word om op behandeling te besluit. Vroue kan berading vra om te besluit op die beste behandelingsopsie.
Jy kan jou plaaslike primêregesondheidsorgkliniek besoek, en na gelang van die probleem, kan jy verwys word na die ginekologiese dienste van 'n streekshospitaal of tersiêre hospitaal (Groote Schuur of Tygerberg) vir hormonale toetse, verdere ondersoeke en behandeling.Jy het 'n verwysing nodig om streeks- of tersiêre hospitale waar ginekologiese dienste aangebied word, te besoek. As jy vir die eerste keer besoek aflê, sal jy 'n vorm moet invul en 'n lêer sal vir jou oopgemaak word. Bring jou ID saam en jou kliniek- of hospitaalkaart as jy voorheen by die relevante fasiliteit geregistreer het.
Dienste by primêregesondheidsorgfasiliteite is gratis as jy nie lid van 'n mediese fonds is nie. As jy na 'n hospitaal verwys word, kan koste daaraan verbonde wees. Die bedrag sal afhang van jou inkomste en getal afhanklikes, volgens die hospitaal se tarieweskaal. Dit mag nodig wees om te betaal vir medikasie soos Hormoonvervangingsterapie. Die hospitaal sal 'n onlangse betaalstrokie/belastingaanslag (IRP5) vereis.
