TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Provinsiale Departement van Gesondheid
Dienste
Gesondheid
Moeder- en Vrouegesondheid
Menslike Genetiese Dienste (Geboortedefekte)
Menslike Genetiese Dienste (Geboortedefekte)
OORSIG
DIENSTE
PROJEKTE
NUUS
PUBLIKASIES
OPENBARE ENTITEITE
FASILITEITE
KONTAK
BESKRYWING:
Daar word beraam dat 150 000 kinders wat jaarliks in Suid-Afrika gebore word, deur 'n beduidende geboortedefek of genetiese afwyking geaffekteer word teen die tyd dat hulle vyf jaar oud is.
Die Nasionale Departement van Gesondheid fokus op 10 toestande waarvan die volgende die meeste voorkom:
albinisme
Downsindroom
Die Wes-Kaap fokus ook hierop (met die uitsondering van albinisme, wat 'n lae voorkoms het), terwyl FAS die hoogste prioriteit het.
Die diens beoog om te verhoed dat kinders met hierdie toestande gebore word deur betyds gepaste genetiese voorligting aan hoërisiko-individue en/of pare te gee. Ten einde dit te kan doen, moet hierdie individue eers geïdentifiseer word. Hulle kan geïdentifiseer word via die bestaande dienste by die klinieke van waar hulle na die gespesialiseerde genetiese dienste wat via uitreikprogramme in plattelandse gebiede en deur tersiêre sentrums in Kaapstad aangebied word, verwys sal word.
VOORSKRIFTE:
Enigeen wat geaffekteer is of wat 'n familielid het wat geaffekteer is, of wat bekommerd is oor moontlike genetiese defekte, kan by 'n primêregesondheidsorgkliniek aanmeld waarvandaan hulle verder verwys sal word.
VERSKAF BY:
Klinieke
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Departement van Gesondheid (Die Regering van Suid-Afrika)
VERWANTE INLIGTING
Nageboortesorg (Diens)
Voorkoming en Behandeling van Fetale-Alkoholsindroom (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 4 Januarie 2005 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
