TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Provinsiale Departement van Gesondheid
Dienste
Gesondheid
Moeder- en Vrouegesondheid
Nageboortesorg
Nageboortesorg
OORSIG
DIENSTE
PROJEKTE
NUUS
PUBLIKASIES
OPENBARE ENTITEITE
FASILITEITE
KONTAK
BESKRYWING:
Nageboortedienste raak beskikbaar nadat die moeder en haar pasgebore baba uit die OEV of kliniek ontslaan is. Dit gebeur gewoonlik ses uur ná die geboorte indien die moeder en baba albei in goeie gesondheid verkeer.
Ná die geboorte moet die klein kindjie se naelstring vir drie dae elke dag tydens opvolgbesoeke aan die kliniek nagegaan word om seker te maak dat dit nie ontsteek raak nie.
Kliniekpersoneel staan moeders by met borsvoeding of ander voedingsopsies om seker te maak dat die baba genoeg melk kry.
As die baba 'n lae geboortegewig het, word moeders opgelei in kangaroe-moedersorg (KMS). Hierdie vorm van versorging behels dat die baba in 'n doek en 'n kappie aangetrek word en dan in 'n regop posisie teen die moeder se naakte bors, tussen haar borste en binne-in haar bloese geplaas word en te alle tyd daar gehou word. Indien moontlik moet die baba met moedersmelk gevoed word. Die baba se vordering word gemonitor tydens opvolgbesoeke aan 'n spesiale KMS-kliniek. Die baba se vader of ander lede van die gesin kan ook KMS doen.
Die moeder se gesondheid word gesien as net so belangrik as dié van die pasgebore baba. Moeders word tydens opvolgbesoeke by die kliniek ondersoek om seker te maak dat die uterus (baarmoeder) na sy oorspronklike posisie teruggekeer het. Die personeel by die kliniek sal ook aanbied om aan moeders voorligting te gee oor beskikbare voorbehoedmiddels/gesinsbeplanningsopsies.
Party vroue sukkel met die eise wat aan nuwe moeders gestel word en die personeel by die kliniek is opgelei om hulle te assesseer om vas te stel of hulle aan bababedruktheid, nageboortelike depressie of nageboortelike psigose ly. As daar 'n probleem is, kan die moeder berading ontvang, medikasie gegee word of na sekondêre of tersiêre hospitale verwys word vir verdere assessering of behandeling.
VOORSKRIFTE:
As u 'n gesondheidsfasiliteit vir die eerste maal besoek, sal u gevra word om 'n vorm in te vul en 'n lêer sal begin word. Bring u ID-boekie, enige medikasie wat u gebruik en 'n kliniek- of hospitaalkaartjie, indien u vantevore by die fasiliteit geregistreer is. Bring die kind se Pad-na-Gesondheid-kaart.
VERSKAF BY:
Klinieke
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Departement van Gesondheid (Die Regering van Suid-Afrika)
PRYS:
Moedersorgdienste is gratis.
VERWANTE INLIGTING
Geboorte-/Kraamdienste (Diens)
Die Voorkoming van Moeder-na-Kind Oordrag (VMNKO) (Diens)
Voorkoming en Behandeling van Fetale-Alkoholsindroom (Diens)
Menslike Genetiese Dienste (Geboortedefekte) (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 16 Januarie 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
