TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Provinsiale Departement van Gesondheid
Dienste
Gesondheid
Moeder- en Vrouegesondheid
Toetsing vir Swangerskap
Toetsing vir Swangerskap
OORSIG
DIENSTE
PROJEKTE
NUUS
PUBLIKASIES
OPENBARE ENTITEITE
FASILITEITE
KONTAK
BESKRYWING:
Vroue en meisies wie se maandstonde een of meer weke laat is, word aangeraai om 'n swangerskaptoets te ondergaan. Hierdie toetse word gratis by primêregesondheidsklinieke en ander gesondheidsfasiliteite gedoen. Hulle is egter nie altyd beskikbaar nie. 'n Toestelletjie waarmee vir swangerskap getoets kan word, kan by 'n apteek gekoop word.
Die verpleegster sal u om 'n urinemonster vra wat getoets sal word.
Sodra swangerskap bevestig is, is daar verskeie opsies. Indien die kliënt die swangerskap wil behou, sal sy na gesondheidsfasiliteite, bekend as obstetriese eenhede met vroedvroue aan diens (OEV's), verwys word. Dit is kraameenhede wat deur vroedvroue in die gemeenskap bedryf word vir primêregesondheid-sorgpasiënte. Indien die moeder nie haar swangerskap wil hê nie, kan sy vra vir ander opsies, met inbegrip van be indiging van die swangerskap.
VOORSKRIFTE:
Indien u 'n gesondheidsfasiliteit vir die eerste keer besoek, sal u gevra word om 'n vorm in te vul en 'n lêer sal begin word. Bring u ID-boekie, enige medikasie wat u gebruik, en 'n kliniek- of hospitaalkaartjie, indien u vantevore reeds by die fasiliteit geregistreer is.
VERSKAF BY:
Klinieke
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Departement van Gesondheid (Die Regering van Suid-Afrika)
PRYS:
Toetse is gratis by staatsgesondheidsfasiliteite, maar gaan beskikbaarheid na, veral in die plattelandse gebiede.
VERWANTE INLIGTING
Voorgeboortedienste (Diens)
Geboorte-/Kraamdienste (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 2 Augustus 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
