TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Gesondheid
Immunisering
Immunisering
Immunisering
BESKRYWING:
Immunisering/inenting beskerm volwassenes en kinders teen gevaarlike maar voorkombare siektes. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie red immunisering jaarliks drie miljoen lewens.
Wat is immunisering?
Teen watter siektes kan u kind beskerm word?
Wanneer om u kind te immuniseer
WAT IS IMMUNISERING?
Die Departement van Gesondheid raai moeders sterk aan dat hulle hulle kinders teen aansteeklike siektes moet beskerm deur hulle van geboorte af tot wanneer hulle vyf jaar oud is, te laat inent. Inenting is gratis beskikbaar by alle gesondheidsfasiliteite. Die Departement reël ook immuniseringsveldtogte en gesondheidswerkers word na primêre skole gestuur om die kinders te immuniseer. Die provinsie beplan 'n massa-immuniseringsveldtog teen masels en polio vir 2004.
Immuniserings is veilig. Alhoewel newe-effekte ná immuniserings wel voorkom, is hulle gewoonlik lig en klaar gou op. Skakel u kliniek vir raad as u bekommerd is.
TEEN WATTER SIEKTES KAN U KIND BESKERM WORD?"
U kind kan die onderstaande siektes vryspring indien hy/sy ingeënt is:
Polio word veroorsaak deur kieme (poliovirusse) wat die senuwees aantas en swakheid of verlamming van die bene en/of arms veroorsaak. In 'n ernstige graad kan dit die asemhalingspiere aantas.
Masels veroorsaak 'n hoë koors en 'n uitslag en kan lei tot diarree en ontwatering, doofheid, oogkomplikasies, longontsteking, breinskade en selfs die dood.
Haemophilus Influenzae Tipe B (Hib) is 'n ernstige siekte wat hoofsaaklik kinders onder die ouderdom van 5 jaar aantas, en sterfte as gevolg van Hib-siekte is algemeen by kinders onder die ouderdom van een jaar. Party van die kinders wat Hib-siekte oorleef, hou permanente skade soos blindheid, doofheid, breinskade of verlamming oor.
Hepatitis B is 'n infeksie van die lewer, wat lewerskade, lewerkanker en die dood kan veroorsaak.
Kinkhoes begin met 'n hoofpyn, koors en 'n hoes. Swaar hoesbuie maak dit vir die kind moeilik om te eet, te drink of selfs asem te haal.
Tetanus (klem-in-die-kaak) kom voor wanneer die tetanus-kiem wat in grond leef en die liggaam by 'n sny of wond binnekom, 'n toksien produseer. Die kiem kan spierspasmas, asemhalings- en hartprobleme veroorsaak en selfs tot die dood lei. Die moontlikheid dat iemand weens hierdie toestand kan sterf, is baie hoog.
Witseerkeel is 'n gevaarlike bakteriële siekte wat dit moeilik maak om asem te haal.
Tuberkuleuse (TB) Meningitis is 'n ernstige siekte wat mense van alle ouderdomme kan aantas. Diegene wat TB kry, kla van hoes oor 'n lang tydperk, borspyn, nagsweet, gewigsverlies en die persoon kan selfs sterf indien die toestand nie behandel word nie. By jong kinders kan die TB-kiem die brein aantas en meningitis veroorsaak, of dit kan ook in die bloed beland en na ander dele van die liggaam versprei. By jong mense kan TB die dood veroorsaak. Die beste beskerming vir jong kinders teen siektes wat deur die TB-kiem veroorsaak word, is die BCG-entstof.
Babas wat nie die BCG-entstof by geboorte ontvang nie, word gewoonlik geïmmuniseer wanneer hulle na die kliniek geneem word vir die volgende immuniseringsbesoek, op ses weke oud. Enige baba jonger as een jaar wat nie die BCG-entstof by geboorte gekry het nie, moet na die naaste kliniek geneem word waar die entstof gegee sal word. Babas wat met die MIV geïnfekteer is, wat siek is en tekens van vigs toon, moet NIE die BCG-entstof kry nie.
Die immuniseringskedule hieronder toon die ouderdomme vir elke immunisering. Dit is belangrik om die volle kursus immuniserings te voltooi soos in die tabel aangetoon.
WANNEER OM U KIND TE IMMUNISEER
Ouderdom
Entstof
By geboorte
Polio-entstof
Inenting in boonste regterarm
Druppels per mond weke oud
Polio-entstof
Hepatitis B-entstof
Druppels per mond
Inspuiting in linkerdy
Inspuiting in regterdy weke oud
Polio-entstof
Hepatitis B-entstof
Druppels per mond
Inspuiting in linkerdy
Inspuiting in regterdy weke oud
Polio-entstof
Hepatitis B-entstof
Druppels per mond
Inspuiting in linkerdy
Inspuiting in regterdy maande oud
Inspuiting in regterdy maande oud
Polio-entstof
Druppels per mond
Inspuiting in linkerarm
Inspuiting in regterarm jaar oud
Polio-entstof
Druppels per mond
Inspuiting in linkerarm
= entstof teen witseerkeel, kinkhoes en klem-in-die-kaak
= entstof teen witseerkeel en klem-in-die-kaak alleenlik
VOORSKRIFTE:
Immunisering is beskikbaar by alle primêregesondheidsorgklinieke en -sentrums sowel as by gesondheidsorgfasiliteite op sekondêre en tersiêre vlak.Neem met elke besoek altyd u kind se Pad-na-Gesondheid-kaart saam na die kliniek om seker te maak dat al die immuniserings bygewerk bly.
VERSKAF BY:
Klinieke
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
PRYS:
Al die entstowwe in die roetine-skedule is gratis by alle primêregesondheidsorgfasiliteite en sentrums beskikbaar.
VERWANTE INLIGTING
Sifting vir Kinderontwikkeling en Monitering van Groei (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 5 Oktober 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
