TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Gesondheid
Tuisversorging
Tuisversorging
BESKRYWING:
Tuisversorging is die verskaffing van basiese verpleegsorgdiens deur formele of informele versorgers aan mense in hulle eie huise. Hierdie diens is beskikbaar vir mense wat geestes-, fisiese, emosionele en sosiale behoeftes het. Onder mense wat vir hierdie versorging tel, is diegene wat beroerte gehad het, wat met MIV/Vigs leef, wat fisies of verstandelik gestrem is, en ook verswakte bejaardes of diegene wat terminaal siek is. Die versorging wat gegee word, is bedoel om die individu se maksimum vlak van gemak, funksionering en gesondheid, met inbegrip van versorging met die oog op 'n waardige dood, te herstel en in stand te hou.
Wie verskaf tuisversorging?
Opleiding vir versorgers
WIE VERSKAF TUISVERSORGING?
Tuisversorgingsdienste in die Wes-Kaap word verskaf deur organisasies sonder winsoogmerk (OSW's) wat deur die provinsiale regering gesubsidieer word en waarvoor hulle ook tender. Pasiënte wat ná ontslag uit die hospitaal voortgesette versorging by die huis benodig, word na 'n gesondheidsfasiliteit op primêregesondheidsorgvlak in die omgewing waar hulle woon verwys. Die verpleegsuster by die kliniek of primêregesondheidsorgsentrum verwys die pasiënt na die OSW-vennoot verantwoordelik vir tuisversorgingsdienste in die omgewing. Die OSW-koördineerder (verpleegsuster) sal die individu se behoeftes in sy/haar huis assesseer en 'n individuele versorgingsplan ontwikkel. Die suster ken dan 'n versorger toe aan die individu. Die versorger sal die diens lewer volgens die instruksies op die versorgingsplan en die suster sal die individu besoek om seker te maak dat die plan uitgevoer word.
Tuisversorging is nie 'n 24-uurdiens nie en vervang nie die familie as die primêre versorgers nie. Dit is slegs bedoel om 'n aanvullende en ondersteunende diens te wees om te voorkom dat die versorgers wat vir siek familielede moet sorg, ooreis raak.
OPLEIDING VIR VERSORGERS
Versorgers van die verskillende organisasies moet 'n tuisversorgingskursus wat deur die Departement van Gesondheid gefasiliteer word, deurloop. Voortgesette indiensopleiding word deur die Departement verskaf om bekwaamheid te verseker.
Daar word van versorgers verwag dat hulle pasiënte en hulle familielede sal help om onafhanklik te leef en reg te kom. Vrywilligers word ook gewerf om die dienste wat deur versorgers gelewer word, aan te vul. Hulle stel hulleself beskikbaar as geselskap, om medikasie te gaan haal, om inkopies te gaan doen, ens.
VOORSKRIFTE:
Let asseblief daarop dat hierdie diens nog nie in alle gebiede geïmplementeer is nie. Kontak die bestuurder van die tuisversorgingsprogram vir die streek in verband met inligting ten opsigte van die gebiede waar dit beskikbaar is:
S-Kaap-Karoo streek: 044 874 2172
Weskus-Wynland streek: 022 487 9305
Metropool streek: 021 918 1508
VERSKAF BY:
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
PRYS:
Nie alle bedekte koste wat deur die OSW-vennote aangegaan word, word voldoende gesubsidieer nie en ten einde 'n afhanklikheidsindroom te voorkom, kan 'n klein vrywillige bydrae aan die OSW-vennoot gemaak word om vir vervoerkoste wat deur hulle vrywilligers aangegaan word, te vergoed.
VERWANTE INLIGTING
Geriatriese Sorg (Diens)
Rehabilitasiedienste (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 3 November 2005 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
