






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES|GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Gidse > Dienste > Gesondheid > Chroniese Siektes > Chroniese Gesondheidsorg

Chroniese Gesondheidsorg




BESKRYWING:

'n Chroniese siekte is een wat vir 'n lang tyd voortduur of oor 'n lang tydperk weer en weer voorkom. Sommige van die algemeenste chroniese siektes is asma en ho bloeddruk (hipertensie).

Wat is chroniese siektes?Voorkoming en behandeling op die vlak van primregesondheidsorgAsma: voorkoming, behandeling en beheer

Hipertensie: voorkoming, behandeling en beheer
WAT IS CHRONIESE SIEKTES?


Chroniese siektes kan oorerflik wees, maar dit is bekend dat verskeie lewenstyl- en omgewingsfaktore soos die rookgewoonte, ontoepaslike dieet, gebrek aan oefening en oormatige alkoholverbruik risiko's beduidend verhoog. Hierdie faktore is in 'n sekere mate binne die beheer van 'n goed ingeligte persoon, maar daar is dikwels ander faktore, soos armoede, ondervoeding tydens swangerskap en die babajare, genetiese vatbaarheid/geneigdheid en ouderdom, waaroor die individu min of geen beheer het nie.

Benewens vroe diagnose, behandeling en die beperking van skade is die fokus van die diens grotendeels op die voorkoming van siekte en die bevordering van gesonde gedrag.

Chroniese siektes wat prioriteit geniet, is ho bloeddruk of hipertensie, asma, epilepsie, beroerte, niersiektes, kanker, obstruktiewe longsiekte en Diabetes Tipe 2. (Diabetes Tipe 1, wat meesal in die vroe kinderjare gediagnoseer word, kom minder algemeen voor.) Die meeste van hierdie siektes is langtermynsiektes en, hoewel baie van hulle nie genees kan word nie, kan hulle beheer word.

Mense van alle ouderdomme word deur chroniese siektes aangetas, maar die risiko om 'n chroniese siekte te ontwikkel is hor onder bejaardes; so ook die kans dat die chroniese siekte tot liggaamlike ongeskiktheid kan lei.


VOORKOMING EN BEHANDELING OP DIE VLAK VAN PRIMEREGESONDHEIDSORG


Op die vlak van primregesondheidsorg berus die diens op voorkoming, deur mense oor die voordele van 'n gesonde lewenstyl op te voed. Elke kliniek het 'n personeellid wat oor die vaardighede beskik om chroniese toestande by pasinte van alle ouderdomme te diagnoseer en dit te behandel. Dit is vir pasinte moontlik om dieselfde verpleegster vir opvolgbesoeke te sien as hulle gereeld op die bepaalde kliniekdag vir diabetes, hipertensie of asma aanmeld. Hulle ontvang 'n spesiale kaartjie of plakker op hulle ler wat gebruik word om deurlopende gesondheidsorg te verseker. Berading en pasintsamewerking maak ook deel van die diens uit. Dokters/mediese beamptes besoek van tyd tot tyd klinieke om pasinte met chroniese siektes te evalueer.

Relings word deur die kliniek getref om pasintvervoer tot die minimum te beperk (veral vir bejaardes) deur 'n voorraad middels voor te skryf wat van een tot drie maande sal hou. Die personeel fasiliteer dikwels die totstandkoming van klubs en spesiale ondersteuningsgroepe vir mense met chroniese siektes. Hierdeur word 'n pasint in staat gestel om meer inligting oor spesiale sorg en gesondheidsopvoeding oor hulle toestand te bekom.

Indien komplikasies ontstaan, word pasinte na die volgende vlak van gesondheidsorg verwys.

Voorbeelde van hoe chroniese siektes voorkom, bestuur en behandel word, word hieronder gegee


ASMA: VOORKOMING, BEHANDELING EN BEHEER


Asma affekteer volwassenes en kinders. Dit is 'n chroniese inflammasie van die lugwe en word deur 'n allergie veroorsaak. Asma kan nie genees word nie, maar kan doeltreffend behandel word deur daagliks voorkomende medikasie te neem. Die evaluering en behandeling van volwassenes vind by primregesondheidklinieke plaas waar klinte ondersoek word, spesiale ondersoeke uitgevoer word en behandeling voorgeskryf word. Klinte word opgevoed oor hoe om hulle asma te bestuur en ingelig oor faktore wat dit kan vererger, soos sigaretrook, gebrek aan oefening en huisstofmyte. Vir klinte wat ernstige asma-aanvalle kry, mag noodbehandeling en verwysing na 'n hospitaal nodig wees.


HIPERTENSIE: VOORKOMING, BEHANDELING EN BEHEER


Hipertensie of ho bloeddruk is 'n lewenstylsiekte wat voorkom en behandel kan word. Indien die bloeddruk te lank hoog bly, kan ernstige komplikasies intree. Dit kan die bloedvate, die hart, die niere en die o aantas. Die gevolge van hipertensie kan beroerte, hartsiekte of nierversaking en selfs die dood insluit. Op die vlak van primregesondheidsorg sal klinte met ho bloeddruk ingelig word oor hoe om hulle algemene gesondheid te verbeter en ander risikofaktore vir hartsiekte te verminder, deur bv. oefening te kry, die rookgewoonte te laat vaar en die gebruik van alkohol en dwelms te staak, en soutinname te verminder. Indien die bloeddruk hierna hoog bly, sal behandeling voorgeskryf word. Vir gereelde ondersoeke en medikasie moet klinte die kliniek besoek. Ernstige komplikasies soos beroerte, hartsiekte en nierversaking moet op hospitaalvlak behandel word.
Chroniese gesondheidsdienste op al drie vlakke - primr, sekondr en tersir - fasiliteer die lewering van welsynsdienstoelaes aan mense wat dit nodig het.


VOORSKRIFTE:

Hierdie dienste is by alle klinieke en hospitale regdeur die Wes-Kaap beskikbaar. Indien u 'n nuwe besoeker by die kliniek of sekondre of tersire hospitaal is, sal u gevra word om 'n vorm in te vul, waarna 'n ler vir u oopgemaak sal word. U moet onthou om u ID-boek saam te bring. Wanneer u 'n hospitaal besoek, word 'n verwysingsbrief van die kliniek vereis. Die hospitaal vereis ook u mees onlangse salarisstrokie of inkomste-aanslag (IRP5). Indien u reeds by die hospitaal geregistreer is, bring u hospitaalkaart saam.


VERSKAF BY:

Hierdie fasiliteitskategori:
* Klinieke


VERSKAF DEUR:



STAATSLIGGAAM:

Departement van Gesondheid (Die Regering van Suid-Afrika)


PRYS:

Gratis, maar daar is koste verbonde aan hospitaalbesoeke. Dit word volgens die hospitaal se tariefskaal gebaseer op die pasint se verdienste en die getal afhanklikes van pasinte.




This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa

VERWANTE INLIGTING

* National Guideline on Primary Prevention of Chronic Diseases of Lifestyle (CDL) (Riglyne/Handleidings en Voorskrifte ) (File type: pdf; size: 74 KB) (net in Engels beskikbaar)
* Policy Framework for Non-Communicable Chronic Conditions in Children (Beleid) (File type: pdf; size: 210 KB) (net in Engels beskikbaar)
* Guideline for the Promotion of Active Ageing in Older Adults at Primary Level (Riglyne/Handleidings en Voorskrifte ) (File type: pdf; size: 119 KB) (net in Engels beskikbaar)



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 3 November 2005 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





