






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES|GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Gidse > Dienste > Gesondheid > Baba en Kind > Behandeling van Kindermishandeling

Behandeling van Kindermishandeling




BESKRYWING:

Die diens is daarop gemik om kinders van geboorte tot 14 jaar oud wat fisies, seksueel of emosioneel mishandel en verwaarloos is, te identifiseer en te behandel. Kinders wat vermoedelik mishandel is, kan na 'n primregesondheidsorgkliniek geneem word waar hulle gediagnoseer sal word en berading sal ontvang. Die klinieksuster of -dokter sal 'n volledige fisiese ondersoek doen en sal ook die kind se geskiedenis aanteken. Dit is noodsaaklik dat die mishandelde kind so gou moontlik na 'n gesondheidsfasiliteit geneem sal word. Hoe langer uitgestel word, hoe groter is die waarskynlikheid dat die kind erge emosionele en sielkundige trauma sal ervaar. Hou in gedagte dat sommige kinders oor baie jare mishandel is en hulle het dalk nie 'n fisiese ondersoek met die eerste besoek nodig nie, of hulle kan emosioneel mishandel wees en nie seksueel nie, in welke geval hulle berading sal ontvang en dienooreenkomstig behandel sal word.
* Seksuele uitbuiting van kinders
* Kindermishandeling en AZT
* Organisasies wat kindermishandeling teenwerk
* Die plig om kindermishandeling aan te meld
* Nuttige kontakte

SEKSUELE UITBUITING VAN KINDERS

In die geval waar die kind seksueel mishandel is, moet spesiale ondersoeke uitgevoer word, soos monsters wat geneem word vir forensiese bewyslewering. Die kind kon blootgestel gewees het aan seksueel oordraagbare infeksies (SOI's) en MIV/Vigs. Behandeling vir SOI's word gewoonlik gegee wanneer die uitslae van die toetse wys dat die kind 'n infeksie het.

Ouers of versorgers behoort voorligting te kry oor die potensile risiko dat die kind met die MI-virus genfekteer kan wees. Die versorger sal gevra word om sy/haar toestemming te gee dat 'n MIV-toets op die kind uitgevoer kan word.

KINDERMISHANDELING EN AZT

'n Middel teen Vigs (Zidovudine) sal die kind aangebied word indien hy/sy binne 72 uur n die seksuele mishandeling na die gesondheidsfasiliteit gebring word. Die middel het GEEN impak op die voorkoming van MIV-oordrag nie indien die kind later as 72 uur n die mishandeling eers na die fasiliteit gebring word. Kinders wat deur 'n mediese fonds gedek word, behoort 'n voorraad AZT vir drie dae te ontvang en 'n voorskrif vir die oorblywende 25 dae. Di wat nie deur 'n mediese fonds gedek word nie, behoort 'n voorraad vir 'n week te ontvang en 'n datum een week later vir herassessering. Alle kinders moet n een week aanmeld vir 'n opvolg- assessering om die uitslae van alle toetse te kry. Die res van die AZT behoort tydens daardie besoek gegee te word (die voorraad sal genoeg wees vir drie weke). AZT is beskikbaar by die 52 fasiliteite in die provinsie waar slagoffers van kindermishandeling behandel word.

In gevalle waar dit bekend is dat kinders MIV-positief is, behoort AZT nie gegee te word nie. Sodanige kinders behoort berading te kry en moet na 'n geskikte gesondheidsfasiliteit verwys te word vir langtermynhantering van hulle MIV-status.

Tienermeisies wat al begin menstrueer het en wat verkrag is, behoort 'n swangerskapstoets te ondergaan om 'n bestaande swangerskap voor die verkragting uit te sluit. Indien hulle binne 72 uur n die verkragting na die gesondheidsfasiliteit kom, sal hulle berading ontvang en noodkontrasepsie sal toegedien word.

ORGANISASIES WAT KINDERMISHANDELING TEENWERK

Die gesondheidsdienste werk met die polisie, gemeenskapsveiligheid, maatskaplike dienste en NRO's saam ten einde te probeer om die onaanvaarbare ho vlakke in kindermishandeling in die Wes-Kaap te bestry.

Maatskaplike werkers speel 'n essensile rol daarin om die kind te help om n die mishandeling te herstel. Die maatskaplike werker sal opvoeding, inligting en berading aanbied. Indien die maatskaplike werker glo dat die kind n ontslag uit 'n gesondheidsfasiliteit die risiko loop van verdere mishandeling en dat dringende beskerming nodig is, kan hy/sy 'n Vorm 4-aanhoudingsbevel uitreik om die kind na 'n veiligheidsplek te neem.

Verder, indien 'n kind se geestelike toestand meer gespesialiseerde/psigiatriese intervensies vereis, kan die kind na die geskikte gesondheidsfasiliteit verwys word.

DIE PLIG OM KINDERMISHANDELING AAN TE MELD

Daar is twee wette wat fisiese/seksuele mishandeling en verwaarlosing van kinders dek. Artikel 15 van die Wysigingswet op Kindersorg s dat enige persoon wat enigiets te doen het met die versorging van kinders - byvoorbeeld opvoeders, maatskaplike werkers en dokters - en wat vermoed dat 'n kind mishandel is, dit aan die Departement van Maatskaplike Dienste moet rapporteer. Die Wet op die Voorkoming van Gesinsgeweld, Wet 133 van 1993 (Artikel 4), bepaal dat gevalle waar kindermishandeling vermoed word, aan 'n polisiebeampte of 'n kinderwelsynsbeampte of maatskaplike werker gerapporteer moet word.

NUTTIGE KONTAKTE

Verskeie organisasies kan help met gevalle van kindermishandeling:

* Rapcan - voorkoming van kindermishandeling: tel. 021 448 9034 en faks 021 448 9042
* Kinderlyn Suidelike Afrika: 24-uur tolvrye hulplyn - 0800 055 555.
* Polisie se Child Protection Units
* LifeLine Suidelike Afrika: 24-uur krisisintervensiediens (Gids van Life Line-sentrums en programme)
* Rape Crisis Kaapstad: tel. 021 447 1467



VOORSKRIFTE:

Daar is 52 gesondheidsorgfasiliteite in die provinsie wat verbind is tot die hantering van kinders en volwassenes wat mishandel is. Indien u nie na een van hierdie fasiliteite kan gaan nie, gaan na u naaste gesondheidsorgfasiliteit.As u vermoed dat 'n kind mishandel is, kan u die kind direk na 'n primregesondheidsorgkliniek neem. Mishandelde kinders kan deur die Kinderbeskermingseenheid, 'n polisiebeampte of maatskaplike werkers na 'n kliniek verwys word.


VERSKAF BY:

Hierdie fasiliteitskategori:
* Klinieke


VERSKAF DEUR:



STAATSLIGGAAM:

Departement van Gesondheid (The Government of South Africa)


PRYS:

Gratis.




This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa

VERWANTE INLIGTING

* Integrated Case Management Guidelines: Child Abuse (Riglyne/Handleidings en Voorskrifte ) (File type: pdf; size: 394 KB) (net in Engels beskikbaar)
* Stopping Sexual Harassment at School - For Learners (Openbare Inligting) (File type: pdf; size: 389 KB) (net in Engels beskikbaar)
* Treatment Guidelines for the Use of AZT for the Prevention of HIV Transmission to Children who have been Sexually Abused (Riglyne/Handleidings en Voorskrifte ) (File type: pdf; size: 98 KB) (net in Engels beskikbaar)
* Abuse No More (Openbare Inligting) (net in Engels beskikbaar)



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 10 Januarie 2006 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





