






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES|GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Gidse > Dienste > Gesondheid > Baba en Kind > Sifting vir Kinderontwikkeling en Monitering van Groei

Sifting vir Kinderontwikkeling en Monitering van Groei




BESKRYWING:

Moeders/versorgers word aangeraai om hulle pasgebore babas na primêregesondheidsorgklinieke te bring vir gereelde ondersoeke.

Ontwikkelingsifting word gedoen as 'n roetine tydens besoeke vir immunisering aan die kliniek. Sifting vir ontwikkelingsgestremdheid word drie maal gedoen, naamlik wanneer die kind:
* tussen 0-6 weke;
* 9 maande, en
* 18 maande oud is.


Die kind word fisies ondersoek en waargeneem. Die siftingstoets help om fisiese en psigososiale ontwikkeling te monitor. Die toetse evalueer of die kind se groei in ooreenstemming is met sy/haar ouderdom en kontroleer ontwikkelingsmylpale soos sit, staan, kruip, loop, praat en hantering van voorwerpe. Die kind se visie en gehoor word ook nagegaan.

As daar 'n probleem is, word die kind na 'n spesialiskliniek of 'n professionele persoon gemoeid met rehabilitasie, bv. 'n arbeidsterapeut, verwys indien beskikbaar en na gelang van die probleem en die behoeftes van die kind.

Die bevindinge van die siftingstoets word op 'n kliniekkaart en 'n groeikaart aangeteken, wat albei by die kliniek gehou word. Die kind se gewig word ook op die Pad-na-Gesondheid-kaart aangeteken. Dié kaart word aan die moeder gegee wanneer haar kind gebore word, en sy hou dit by haar. Die Pad-na-Gesondheid-kaart is 'n deurlopende rekord van die kind se vordering en die moeder moet dit met alle opvolgbesoeke na die kliniek toe saamneem.
Monitering van groei maak die basis uit van omvattende kindergesondheidsorg. Dit sluit die gereelde bepaling van gewig (en soms lengte) van die kind in. Daar word met geboorte begin om die kind te weeg en dit gaan voort tot die kind vyf jaar oud is. Ideaal gesien, moet die kind se gewig een maal per maand bepaal word tot die ouderdom van twee jaar en dan drie maal per maand tot die kind vyf jaar oud is. Die klinieksuster teken die baba se gewig op die Pad-na-Gesondheid-kaart aan. Die gewig word ook vergelyk met die groeikaart om vas te stel of die gewig binne die aanvaarbare grense vir die kind se ouderdom val. Indien die kind ondergewig is, is daar voedingsaanvullings by klinieke beskikbaar of die kind word na hospitale op die sekondêre of tersiêre vlak verwys.


VOORSKRIFTE:

Indien u 'n gesondheidsfasiliteit vir die eerste maal besoek, sal u gevra word om 'n vorm in te vul en 'n lêer sal begin word. Bring u ID-boekie, enige medikasie wat u gebruik en u kliniekkaart of 'n hospitaalkaartjie, indien u vantevore reeds by die fasiliteit geregistreer is. Bring die kind se Pad-na-Gesondheid-kaart.


VERSKAF BY:

Hierdie fasiliteitskategori:
* Klinieke


VERSKAF DEUR:



STAATSLIGGAAM:

Departement van Gesondheid (Die Regering van Suid-Afrika)


PRYS:

Dienste is gratis.




This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa

VERWANTE INLIGTING

* Nageboortesorg (Diens)
* Screening for Developmental Disabilities in Pre-School Children (Openbare Inligting) (File type: pdf; size: 449 KB) (net in Engels beskikbaar)
* Road to Health Card (Openbare Inligting) (net in Engels beskikbaar)



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 17 Desember 2003 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





