






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES|GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Gidse > Dienste > Gesondheid > Administrasie, Gelde en Tariewe > Registrering van 'n Privaat Hospitaal

Registrering van 'n Privaat Hospitaal




BESKRYWING:

Elke privaat hospitaal of onverbonde operasieteater moet geregistreer word. Wanneer die instansie registreer, reik die Departement van Gesondheid 'n registrasiesertifikaat uit aan die eienaar van die instansie, wat elke jaar voor Desember die sertifikaat moet hernu.


VOORSKRIFTE:

'n Privaathospitalregistrasie word uitgereik indien:
* die perseel geskik en voldoende is;
* die bestuur van die instansie nie nadelig vir die fisiese, geestes- of morele welstand van pasinte of personeellede is nie;
* die personeel aan aanvaarde standaarde voldoen;
* die persoon in beheer as 'n mediese praktisyn geregistreer is;
* 'n geregistreerde verpleegster in beheer van die verpleegdiens is, en
* sodanige registrasie in die openbare belang is.

Wanneer u om registrasie aansoek doen, moet u 'n beskrywing gee van die perseel, die ligging, die aard van die behandeling wat aangebied sal word, die bevolkingsgroepe waaruit die personeel en die gemeenskappe wat waarskynlik die dienste van die hospitaal gaan gebruik, saamgestel is. U mag versoek word om bykomende inligting te verskaf.
Skakel asseblief vir verdere inligting:
Tel: 021 483 3303
Fax: 021 483 6155
PO Box 2060, Cape Town, 8000

VERSKAF DEUR:



STAATSLIGGAAM:

Provinsiale Departement van Gesondheid (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)





This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 23 Maart 2004 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





