






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES|GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Gidse > Dienste > Omgewing > Omgewingslisensies en -Permitte > Visvangregte en -permitte

Visvangregte en -permitte




BESKRYWING:



Die beskerming van Suid-Afrika se omgewing en bronne is vir die land 'n prioriteit. Ons varswaters, oseane en die diere wat daarin leef vorm 'n belangrike deel van ons land se biodiversiteit, en moet dus beskerm word.


* 
* 
* 


Ontspannings-visvangregte
DIE BESKERMING VAN ONS MARIENE BRONNE


Die Wet op Mariene Lewende Bronne l klem daarop dat al die natuurlike mariene lewende bronne van Suid-Afrika en die omgewing waarin hulle leef, 'n nasionale bate en die erfenis van al Suid-Afrika se mense is. Die wet beheer visvangste en help so ons mariene bronne beskerm. Die Wet probeer ook beheer wie toegang tot mariene bronne het om te verseker dat di bronne regverdig versprei word.

Kragtens die wet moet jy betaal vir die reg om mariene bronne te ontgin. Die geld wat met lisensies en permitte ingesamel word, word gebruik vir navorsing oor en die beskerming van die bronne.

Kragtens die wet geld verskillende beheermaatrels:
* Almal wat mariene bronne gebruik moet 'n permit h. Dit sluit ontspannings- en bestaansvissers in.
* Sommige visspesies word deur 'n kwotastelsel beskerm wat keer dat mense meer as 'n sekere hoeveelheid van die soort vis vang of probeer vang.
* Sekere spesies mag net in die oop seisoen gevang word.



HANDELS-LYNVISVANGREGTE


In 2000 was daar 'n noodtoestand in die lynvisbedryf omdat daar bepaal is dat 'n aantal lynvisbronne ineengestort het. Die Minister van Omgewingsake en Toerisme het bepaal dat die aantal vaartuie en bemanning beperk sou word tot hoogstens 450 vaartuie en 3 450 bemanningslede.

Handelsvisvangregte is aan voltydse lynvissers toegeken wat vir hulle voortbestaan van lynvisvang afhanklik is. As gevolg daarvan is 376 visvangregte (2 148 bemanningslede) toegeken. In totaal sal visvangregte aan 450 vaartuie toegeken word.

Die Departement se toekenning van regte sal die werksgeleenthede van 3 450 bemanningslede verseker. Werkgewers in die lynvisbedryf moet nou aan arbeidswette voldoen en sekuriteit vir lynvissers verskaf.

Mense aan wie regte toegeken is kan sonder beperking snoek en talle ander lynvisspesies vang, waarvan die meeste onderworpe is aan streng sakbeperkings.

Na nog ondersoeke en samesprekings, sal vrystellings om lynvis te vang aan vaartuie wat in die verlede met tradisionele visdorpies verbind is, toegeken word.


ONTSPANNINGS-VISVANGPERMITTE


Ontspannings- en kus-lynvisvang word tans deur streng sakbeperkings beheer, wat ons lynvisbronne beskerm deur te keer dat mense te veel vis vang. Di soort visvangste sal in die toekoms streng volgens die sakbeperkings beheer word.

Alle kategori van ontspanningsvissers moet kragtens die Wet op Mariene Lewende Bronne van 1998 (Wet 18 van 1998) ontspanning-visvangpermitte h. Di permitte kan landwyd by Poskatore verkry word en kos R50 vir hengelpermitte en R65 vir perlemoen, kreef, visjag en ander permitte.

Permitte is 'n jaar lank van die dag van uitreiking geldig, behalwe as die permitte vir spesies is wat net binne die seisoen gevang kan word. Di tipe permitte verval aan die einde van die seisoen.

Jou permit en identiteitsdokument moet wanneer jy visvang altyd by jou wees.
Jy mag nie vis wat jy met 'n ontspanningspermit gevang het, verkoop nie.


VOORSKRIFTE:

Vir verdere inligting kontak 021 402 3911.

VERSKAF DEUR:



STAATSLIGGAAM:

Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)





This content also available in English

VERWANTE INLIGTING

* Coastal Permit System (Openbare Inligting) (net in Engels beskikbaar)
* Permitte om met Voertuie op die Strand te Ry en Lisensies om Geriewe vir die Tewaterlating van Bote te Bedryf (Diens)
* Uitreiking van Natuurbewaringspermitte (Diens)



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 11 Junie 2004 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





