TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Opvoedkundig
Onderwyshulpbronne
Aanlyn Opvoedkundige Hulpmiddele
Aanlyn Opvoedkundige Hulpmiddele
BESKRYWING:
Die WKOD voorsien 'n verskeidenheid hulpmiddele aanlyn aan opvoeders en leerders.
VOORSKRIFTE:
Hulpmiddele vir die Leerskoleprojek
Op hierdie WKOD-webwerf is daar 'n winkel en 'n biblioteek aanlyn.
Die winkel bevat 'n katalogus van alle opvoedkundige publikasies wat deur die Departement geproduseer is, en wat aanlyn aangekoop kan word.
Die biblioteek bevat 'n katalogus van internet-hulpmiddele wat vir die opvoeder of leerder van nut kan wees.
Hierdie webwerf bevat vorige eksamenvraestelle vir die Senior Sertifikaat, asook antwoordvoorstelle.
HULPMIDDELE VIR DIE LEERSKOLEPROJEK
Die Leerskoleprojek hou 'n lys van hulpmiddele in stand wat aanlyn beskikbaar is, en wat daarop gemik is om onderrig en leer in skole te verbeter. Dit sluit inligting oor die volgende in:
klaskamerpraktyk algemene assesseringsinstrumente die bestryding van stokkiesdraaiery eksamenterme ('n woordelys van terme in die drie amptelike tale)
Die Hulpmiddelesentrum van die Departement van Onderwys bevat 'n aanlynkatalogus van beskikbare hulpmiddele wat die volgende insluit:
boeke en tydskrifte koerante aanlyn nuwe aanwinste
Die Hulpmiddelesentrum het ook skakels met die webwerwe van ander biblioteekinligtingsdienste.
Die Departement van Onderwys ondersteun die SkoolNet-inisiatief, wat as doel het om gemeenskappe van leerders en opvoeders te help vestig wat van inligting- en kommunikasietegnologie gebruik maak.
Die SkoolNet-webwerf bevat gedetailleerde inligting vir leerders en opvoeders. Hierdie inligting strek vanaf skoolkontak-besonderhede tot by huidige sowel as argiefbewaarde opvoedkundige hulpmiddele.
Opvoedkundige projekte wat deur SkoolNet en sy vennote onderneem word, sluit die volgende in:
Globale Tiener.
SkoolNet help lidskole ook om hul eie webwerwe en e-posadresse tot stand te bring.
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Spesialis- onderwyssteundienste (Wes-Kaap Onderwysdepartement, Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
VERWANTE INLIGTING
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 15 Junie 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
