TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Opvoedkundig
Inligting oor die Kwalifikasies en Eenheidstandaarde van die NKR
Inligting oor die Kwalifikasies en Eenheidstandaarde van die NKR
BESKRYWING:
Die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR) is die stelsel waarvolgens die vlakke van leerprestasie aangeteken word ten einde te verseker dat die vaardighede en kennis wat opgedoen is, oor die hele land erken word.
Daar is agt vlakke in die NKR. Hierdie vlakke word in drie bande ingedeel:
algemene onderwys en opleiding verdere onderwys en opleiding hoër onderwys en opleiding.
KWALIFIKASIES EN EENHEIDSTANDAARDE
n Kwalifikasie is 'n formele erkenning van die feit dat 'n bepaalde leerproses voltrek is. Onderworpe aan die goedkeuring van die SAKO kan 'n kwalifikasie op 'n gespesifiseerde vlak binne die NKR geregistreer word. Wanneer 'n geregistreerde kwalifikasie met welslae voltooi is, word 'n bepaalde aantal krediete toegeken.
Jy kan die databasis van SAKO-geregistreerde kwalifikasies deursoek ten einde vas te stel watter kwalifikasies vir elke vlak beskikbaar is, hoeveel krediete hulle werd is, en wie die diensverskaffers is wat hierdie opleiding voorsien.
Eenheidstandaarde word ook op spesifieke vlakke by die NKR geregistreer. Jy kan ook krediete vir eenheidstandaarde wat met welslae voltooi is, laat oploop tot 'n uiteindelike kwalifikasie.
Jy kan die databasis van SAKO-geregistreerde kwalifikasies deursoek ten einde meer aangaande eenheidstandaarde uit te vind.
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
VERWANTE INLIGTING
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 17 Julie 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
