TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Opvoedkundig
Maatskaplike Kwessies wat Skole Raak
Voorkoming van Diskriminasie teen MIV-positiewe Leerders en Opvoeders
Voorkoming van Diskriminasie teen MIV-positiewe Leerders en Opvoeders
BESKRYWING:
Alle leerders en opvoeders behoort die regte van ander leerders en opvoeders te respekteer.
Skole behoort 'n omgewing te skep wat diskriminasie teen MIV-positiewe leerders en personeellede sal voorkom, deur:
juiste en verstaanbare inligting aangaande MIV/vigs aan alle lede van die personeel, leerders en ouers te voorsien, en n MIV/vigs-beleid te implementeer.
Die nasionale Departement van Onderwys het 'n nasionale beleid aangaande die bestuur van MIV/vigs in skole in konsepvorm opgestel. Die nasionale beleid is op sowel leerders as onderwysers van toepassing.
Skoolbeheerliggame moet hul eie beleidsbepalings ontwikkel, wat in lyn moet wees met die nasionale beleid. Hulle behoort dit te doen in oorleg met die breër skoolgemeenskap.
Die dokument Ken jou Regte en Verantwoordelikhede verskaf inligting oor sleutelaspekte van die nasionale beleid, en oor maniere om 'n MIV/vigs-beleid vir die skool op te stel.
VOORSKRIFTE:
Vir verdere inligting kan jy by die WKOD se Program vir MIV/vigs-lewensvaardighede aanklop:
Tel: 021 467 2125 / 6 / 7
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Departement van Onderwys (Die Regering van Suid-Afrika)
OBOS Metropool-Noord (Wes-Kaap Onderwysdepartement, Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
OBOS Metropool-Sentraal (Wes-Kaap Onderwysdepartement, Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
OBOS Metropool-Oos (Wes-Kaap Onderwysdepartement, Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
OBOS Metropool-Suid (Wes-Kaap Onderwysdepartement, Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
Weskus-Wynland- OBOS (Wes-Kaap Onderwysdepartement, Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
Suid-Kaap-Karoo-OBOS (Wes-Kaap Onderwysdepartement, Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
VERWANTE INLIGTING
MIV en Vigs: Ken jou Regte en Verantwoordelikhede (Openbare Inligting)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 27 Maart 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
