TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Opvoedkundig
Tuisonderrig
Riglyne vir Tuisonderrig
Riglyne vir Tuisonderrig
BESKRYWING:
Die WKOD maak seker dat leerders wat vir tuis-onderrig geregistreer is, werk afhandel wat ooreenstem met die leerplan en dat hulle beoordeel word en die uitkoms behaal wat vir die betrokke graad vereis word.
Om te verseker dat leerders die vereiste resultate behaal, moet die ouer:
Aantekeninge maak n Onafhanklike beoordelaar aanstel
DIE HOU VAN AANTEKENINGE
Nadat die leerder vir tuis-onderrig geregistreer is, moet die ouer:
Aantekeninge oor bywoning hou.
n Portefeulje van die leerder se werk saamstel.
Aantekeninge oor die leerder se werk gedurig bywerk.
Die opvoedkundige steun wat die leerling gekry het, boekstaaf.
Bewyse van die voortgesette beoordeling van die leerder se werk hou.
Bewyse van die beoordeling en/of eksamens aan die einde van elke jaar hou.
Bewyse aan die einde van Graad 3, 6 en 9 hou wat toon of die uitkoms vir dié grade bereik is.
Die aantekeninge moet vir ondersoek deur die WKOD beskikbaar gestel word. Alle betrokke beoordelinguitslae moet drie jaar lank bewaar word.
ONAFHANKLIKE BEOORDELING
Aan die einde van elke fase moet die ouers, op eie koste, 'n onafhanklike, behoorlik-gekwalifiseerde persoon, wat deur die Hoof van Onderwys goedgekeur is, aanstel om die leerder se vordering te beoordeel.
n Ouer kan 'n staatskool of 'n geregistreerde onafhanklike skool om hulp nader om 'n geskikte persoon in die hande te kry. Die beoordelaar moet 'n verklaring aan die Hoof van Onderwys voorlê wat bevestig dat die leerder die vereiste vlak bereik het.
VOORSKRIFTE:
Tel: 021 467 2611/13
Faks: 021 467 2996
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Wes-Kaap Onderwysdepartement (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
VERWANTE INLIGTING
Registrasie vir Tuis-onderrig (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 25 Mei 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
