TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Opvoedkundig
Tuisonderrig
Registrasie vir Tuis-onderrig
Registrasie vir Tuis-onderrig
BESKRYWING:
Ouers wat by die huis onderwys vir hulle kinders wil verskaf, moet hulle by die WKODlaat registreer.
REGISTRASIE VIR TUIS-ONDERRIG
Die Departement sal die aansoek goedkeur mits hulle tevrede is dat:
Die registrasie in die belang van die leerder is.
Die onderwys wat tuis verskaf word, aan die minimum vereistes van die leerplan vir staatskole voldoen.
Die tuis-onderwys se standaard nie laer is as dié van die onderwys wat by 'n staatskool verskaf word nie.
Die ouers sal hou by enige ander redelike voorwaarde wat deur die Hoof van Onderwys gestel word.
Registrasie kan opgehef word. Voordat dit kan gebeur moet die Hoof van Onderwys:
Die ouer inlig en redes vir die opheffing gee.
Die ouers kans gee om vertoë te rig.
n Ouer kan appèl by die provinsiale Minister van Onderwys aanteken teen 'n weiering om 'n leerder te registreer of die opheffing van 'n registrasie.
DIE BEëINDIGING VAN REGISTRASIE VIR TUIS-ONDERRIG
As 'n leerder wat vir tuis-onderrig geregistreer is, later in 'n staat- of onafhanklike skool toegelaat word, moet die ouer die Hoof van Onderwys skriftelik in kennis stel dat die leerder se registrasie vir tuis-onderrig beëindig moet word.
VOORSKRIFTE:
Die nodige aansoekvorm, wat by die WKOD beskikbaar is, moet ingevul word.
Die ouer moet die voltooide vorm, saam met 'n afskrif van die leerder se geboortesertifikaat, indien.
Tree vir meer inligting in verbinding met:
Tel: 021 467 2611/13
Faks: 021 467 2996
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Spesialis- onderwyssteundienste (Wes-Kaap Onderwysdepartement, Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
VERWANTE INLIGTING
Riglyne vir Tuisonderrig (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 26 April 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
