TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Opvoedkundig
Verdere Onderwys en Opleiding (Graad 10 tot 12)
Die Vervanging van jou Senior Sertifikaat
Die Vervanging van jou Senior Sertifikaat
BESKRYWING:
Wat gebeur as jy jou Senior (Matriek) Sertifikaat verloor? Jy kan 'n duplikaat Senior Seritifikaat van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement kry, as jy jou eksamen in die Wes-Kaap afgelê het.
VOORSKRIFTE:
Wat gebeur as jy jou Senior (Matriek) Sertifikaat verloor? Jy kan 'n duplikaat Senior Seritifikaat van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement kry, as jy jou eksamen in die Wes-Kaap afgelê het.
Die eerste stap is om 'n beëdigde verklaring af te lê waarin jy sê dat jy jou sertifikaat verloor het. 'n Beëdigde verklaring is 'n dokument waarin jy die feite soos dit aan jou bekend is onder eed uiteensit.
Jy kan 'n beëdigde verklaring waarin jy sê dat jy jou sertifikaat verloor het by enige Polisiekatoor aflê, of jy kan enige Kommissaris van Ede (prokureurs is Kommissarisse van Ede) vra om jou te help met die beëdigde verklaring.
Dan moet jy R15 en die beëdigde verklaring na die kantore van die Wes-Kaapse Onderdepartement neem, waar jy 'n versoek vir 'n duplikaat sertifikaat by die navraetoonbank kan indien. Die fisiese adres is:
Laer Pleinstraat
Jy kan ook die beëdigde verklaring, met 'n brief waarin jy die duplikaat aanvra en 'n tjek of 'n posorder vir R15, pos aan:
Privaatsak X9114
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Wes-Kaap Onderwysdepartement (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
PRYS:
VERWANTE INLIGTING
Verdere Onderwys en Opleiding (skole en kolleges) (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 23 Desember 2005 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
