TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Opvoedkundig
Verdere Onderwys en Opleiding (Graad 10 tot 12)
Bevestig die Status van 'n Matrieksertifikaat of Onderwysdiploma
Bevestig die Status van 'n Matrieksertifikaat of Onderwysdiploma
BESKRYWING:
Moet jy 'n matrieksertifikaat of 'n onderwysdiploma laat bevestig? Jy kan 'n versoek faks aan die Wes-Kaapse Onderwysdepartement of aan Umalusi of hulle skakel vir meer inligting.
VOORSKRIFTE:
Om 'n matrieksertifikaat of onderwysdiploma wat voor 1992 uitgereik is te laat bevestig moet jy jou versoek faks aan die Wes-Kaapse Onderwysdepartement by 021 461 5637. Dit is gratis.
Om 'n matrieksertifikaat of onderwysdiploma wat na 1992 uitgereik is te laat bevestig moet jy 'n faks stuur aan Umalusi, die gehalteversekeringsliggaam vir algemene en verdere onderwys en opleiding by 012 349 1511. Dit kos R30 (BTW uitgesluit) vir private persone en R20 (BTW uitgesluit) vir regeringsorganisasies.
Die versoeke moet op 'n vel papier met 'n briefhoof wees.
Gee soveel inligting as moontlik, waaronder:
n ID-nommer matriekjaar jou eie kontakbesonderhede
As jy afskrifte het van die matrieksertifikaat of onderwysdiploma, stuur dit eerder. Jy sal binne sowat 2 - 3 weke 'n antwoord op jou versoek kry.
Skakel vir meer inligting:
Tel: 021 467 2936
Tel: 021 467 2933
Tel: 012 349 1510
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Wes-Kaap Onderwysdepartement (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 16 Maart 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
