TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Opvoedkundig
Algemene Onderwys en Opleiding (Graad R tot 9)
BESKRYWING:
Skoolbywoning is verpligtend vanaf die begin van die jaar waarin die leerder sewe jaar oud word, tot aan die einde van graad 9 of die jaar waarin die leerder vyftien word (watter ook al die eerste plaasvind). Hierdie stadium staan as Algemene Onderwys en Opleiding bekend, en word in drie fases verdeel:
die Grondslagfase (Grade R tot 3)
die Intermediêre Fase (Grade 4 tot 6)
die Senior Fase (Grade 7 tot 9).
GRONDSLAGFASE
In hierdie fase word op geletterdheid, syfervaardigheid en lewensvaardighede gekonsentreer. In graad 3 begin leerders met die verwerwing van 'n bykomende taal.
In hierdie fase val die klem op vyf leerprogramme:
taal, geletterdheid en kommunikasie wiskundige geletterdheid, wiskunde en wiskundige wetenskappe die kunste en kultuur lewensoriëntering en die menswetenskappe, sosiale wetenskappe, omgewingswetenskappe en bestuurswetenskappe die natuurwetenskappe en tegnologie.
SENIOR FASE
Gedurende hierdie fase moet leerders die volgende terreine bemeester:
taal, geletterdheid en kommunikasie wiskundige geletterdheid, wiskunde en die wiskundige wetenskappe die kunste en kultuur lewensoriëntering die mens- en sosiale wetenskappe die ekonomiese en bestuurswetenskappe die natuurwetenskappe tegnologie.
Aan leerders wat graad 9 met welslae voltooi, word 'n AOO-sertifikaat toegeken, wat aan vlak 1 op die NKR gelyk staan.
VOORSKRIFTE:
Jy kan vasstel watter openbare skole daar in jou omgewing is deur die Vind-'n-skool-soekfasititeit te gebruik.
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Wes-Kaap Onderwysdepartement (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
PRYS:
WAT KOS DIT?
Skoolgeld word deur elke skool se bestuursliggaam bepaal in oorleg met die ouers. Daar word van ouers vereis om skoolgeld te betaal, en die wat nie die volle bedrag kan betaal nie, moet om vrystelling of gedee
VERWANTE INLIGTING
Toelating tot Skole (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 27 Maart 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
