Toelating tot Skole
Toelating tot Skole
Leerders begin gewoonlik met graad 1 aan die begin van die jaar waarin hulle sewe word. Kinders mag 'n jaar vroeër met graad 1 begin as die WKOD se assessering toon dat hulle skoolgereed is.
Party skole bied graad R/0 aan om kinders te help voorberei vir graad 1. Kinders word gewoonlik toegelaat om met graad R te begin in die jaar waarin hulle ses word.
Wanneer jy by 'n skool aansoek doen om jou kind te laat inskryf, moet jy in besit van die volgende wees:
jou kind se amptelike geboortesertifikaat bewys dat jou kind geïmmuniseer is.
Persone wat nie Suid-Afrikaanse burgers is nie, moet die volgende dokumente hê:
n studiepermit n tydelikeverblyf-permit of permanenteverblyf-permit of bewys dat jy aansoek gedoen het om toestemming om in Suid-Afrika te bly.
Geen skool mag op onregverdige wyse diskrimineer teen 'n kind nie. Daarom mag geen openbare skool van kinders verwag om 'n toelatingstoets af te lê nie, of 'n kind verhoed om die skool te besoek omdat die ouers nie die skoolgeld betaal het of kan betaal nie.
Dien jou aansoek so vroeg as moontlik in in die jaar voordat jou kind by sy of haar nuwe skool moet begin.
Lê jou aansoek voor nie alleen aan die skool van jou keuse nie, maar ook aan verskeie 'tweede-keuse'-skole.
Jy kan die name van skole in jou omgewing kry op die "Soek-'n-skool"-soekfasiliteit.
