TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Misdaad, Regte en Justisie
Bedreigde Jongmense
Lewensvaardighede-opleiding vir Jongmense
Lewensvaardighede-opleiding vir Jongmense
BESKRYWING:
Die Chrysalis-akademie bied 'n maatskaplike misdaadvoorkoming en opheffingsprogram aan wat gemik is op 'risiko-jongmense'. Die oogmerk is om jongmense te bemagtig om beheer oor te neem oor hulle lewens en gee hulle die toerusting om ekonomies produktief en positiewe agente van verandering in hulle gemeenskappe te word.
Die metamorfose sal hulle deur intensiewe fisiese, verstandelike en geestelike ontwikkeling, wegneem van 'n lewe wat kan neig na misdaad en bendebedrywighede, na een met die potensiaal vir persoonlike groei, finansiële sekuriteit en gemeenskapsdiens. Dit is 'n voorkomende inisiatief, in teenstelling met 'n rehabilitasieprogram. Dit beteken dat dit gerig is op die ontwikkeling van jong volwassenes met 'n beoordeelde potensiaal vir groei, eerder as die oplos van probleme of poging om bestaande probleme reg te stel.
Die teikenbevolking is jongmense tussen die ouderdomme van 17 en 22 wat die minimum onderwysvlak bereik het van Graad 10 (Standerd 8), op die oomblik werkloos is en geen misdaadgeskiedenis het nie. Die program word op die oomblik gesteun en gefinansier deur die Provinsiale Regering. Die Akademie is geleë op die Porterlandgoed in Tokai.
Die program het begin in Junie 2000 en elke program maak voorsiening vir tussen 100 en 120 studente van die Wes-Kaap, wat 'n streng keuringsproses ondergaan het. Deelname is heeltemal vrywillig en gratis vir almal wat dit bywoon.
Die program is opgedeel in 5 fases:
Geleentheid
Wildernis
Vaardighede en
Gemeenskap
Die Geleentheidsfase bestaan uit die bemarking van die program aan gemeenskapsorganisasies en voornemende studente.
Die oorblywende 4 fases maak die 12-week program uit. In elke fase sal die studente blootgestel word aan uitvoerige fisiese aktiwiteite en sport, saam met verskillende gebiede van intellektuele en maatskaplike ontwikkeling. Hulle sal vaardighede opdoen wat toegepas kan word in die arbeidsmark.
Die Oriëntasiefase lê die grondslag en vestig 'n gedissiplineerde daaglikse roetine waar netheid en persoonlike higiëne beklemtoon word. Dit gaan gepaard met doelstelling, motivering, probleemoplossing en kommunikasie. Die studente dek ook basiese gesondheid en voeding, eerste vlak noodhulp, brandbestryding en omgewingsbewustheid. Hulle bring dan twee weke deur in die Wildernisfase by Outward Bound, waar persoonlike beperkings getoets word, en hulle leer baie oor hulle sterk- en swakpunte, sowel as spanwerk en die krag van die natuur. Abseil, kajakroei, rotsklim en lang staptogte vorm deel van dié fase.
Met hulle terugkeer na Kaapstad, word besoekers vir die eerste keer van die begin van die kursus af by studente toegelaat. Teen dié tyd is hulle almal uiters fiks, hoogs-gemotiveerd en hulle selfvertroue is duidelik. Die meeste van die rokers sal teen dié tyd die gewoonte laat vaar het.
Onder die kennerleiding van instrukteurs van die Westlake Tegniese Kollege, word studente bekend gestel aan die Basiese Ingenieursvaardigheid-opleidingskursus oor die vier weke van die Vaardigheidsfase.
Voertuigonderhoud sweiswerk messelwerk metaalwerk houtwerk elektriese baanwerk en ander kursusse, word gedek in die praktiese klasse.
In 2002 is veiligheidsopleiding, kleremaak en spyseniering by die leerplan gevoeg.
Sportafrigting is in dié fase ingestel.
Die finale Gemeenskapsfase is die voorbereiding vir die ware lewe en is toegespits op sake-oorlewingsvernuf, 'n inleiding tot rekenaars en loopbaanvoorligting. 'n Wye verskeidenheid maatskaplik-aanvaarbare aktiwiteite word ook bedryf soos kuns en handwerk, sang, skaak en lees.
Daar word in die program die hele tyd van studente verwag om gemeenskapswerk te doen en vrywillige werk word aktief bevorder. Aansluiting by 'n gemeenskapsorganisasie word aangemoedig terwyl baie klem geplaas word op positiewe gemeenskapswerk soos skoolsportafrigting, buurtwagpatrolering en die verbetering van lewensgehalte by die huis deur vergroeningsprojekte en ander opruimbedrywighede.
Die Gegradueerde-sakedepartement volg die vordering van mense wat die kursus voltooi het vir vyf jaar en maak seker dat inligting oor enige vrywillige of werksgeleenthede oorgedra word as 'n voortgesette diens vir beide gegradueerdes en mense wat 'n belang by die proses het. Waar daar 20 of meer gegradueerdes in spesifieke gebied is, is gemeenskapsklubs gestig om hulle by te staan en te steun. Gegradueerdes is baie gesog met 67% wat in diens geneem is by meer as 70 ondernemings in die Wes-Kaap. Werklose gegradueerdes word opgeneem in projekte soos Swemveilig en Bambanani en baie ander wat bestuur word deur verskeie Regeringsdepartemente en organisasies.
VOORSKRIFTE:
Die Chrysalis-akademie is hoofsaaklik gemik op jongmense uit benadeelde gemeenskappe in die Wes-Kaap tussen die ouderdomme van 17 en 22. As jy jou by die Chrysalis-akademie wil aansluit moet jy:
werkloos wees minstens 'n Graad 10 (Standerd 8) hê
nie 'n misdaadgeskiedenis hê nie in die Wes-Kaap woon.
Jy kan egter nog aansoek doen as jy nie aan die vereistes voldoen nie. As jy byvoorbeeld misdade gepleeg het of nie ver genoeg gevorder het op skool nie, kan jy toegelaat word as 'n regeringsdepartement of 'n nie-regeringsorganisasie jou na die Chrysalis-akademie verwys, nadat jou aansoek deeglik oorweeg is. Jy kan ook na die Akademie kom as jy nie in die Wes-Kaap woon nie, maar jy sal dalk daarvoor moet betaal.
Om aansoek te doen om die Chrysalis-akademie by te woon, moet jy 'n aansoekvorm invul en dit per e-pos of faks stuur aan die Chrysalis-akademie by 021 712 1075. Jy kan ook die Chrysalis-akademie besoek of skakel by:
Tel: 021 712 1023
Faks: 021 712 1075
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Departement van Gemeenskapsveiligheid (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
VERWANTE INLIGTING
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 8 Februarie 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
