TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Dienste
Misdaad, Regte en Justisie
Polisie
OORSIG
DIENSTE
PROJEKTE
NUUS
TOESPRAKE
PUBLIKASIES
OPENBARE ENTITEITE
FASILITEITE
KONTAK
BESKRYWING:
Die Kaapstadse Stadspolisie (KSP) is 'n munisipale polisiediens. Die hooffunksie van die KSP is sigbare polisiëring. Hulle voer ook arrestasies uit en reik boetes uit vir alle tipes oortredings. Dit kan ernstige misdade, verkeersoortredings en oortreding van munisipale regulasies binne die Stad Kaapstad behels.
HuIle ondersoek egter nie sake na arrestasie nie, aangesien dit die funksie van die Speurdiens van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) is. Die KPS verrig verkeerspolisiëringfunksies saam met die Provinsiale Verkeersdiens.
Lede van die KSP word onderskei van die SAPD (wat blou uniforms dra) en verkeersbeamptes (wat ligblou uniforms dra) deur hulle swart-en-wit uniforms met swart-en-wit ruitpatroon. Hulle motors en motorfietse is ook met 'n swart-en-wit ruitpatroon gemerk.
Die KSP is op 1 Desember 2001 gestig ingevolge die Wysingswet op die Suid-Afrikaanse Polisiediens van 1998. In ander stede, soos Durban en Johannesburg, het verkeersdienste onmiddellik deel van die stadspolisiediens geword. In Kaapstad sal dit geleidelik gebeur en die meeste verkeersbeamptes sal teen 2010 stadspolisiekonstabels wees.
Almal wat by die KSP aansluit, word verplig om spesiale opleiding by die Munisipale Polisie-opleidingskollege in Philippi te ondergaan voor hulle stadpolisiekontabels kan word.
Daar is 'n komitee, wat die Burgerlike Toesigkomitee genoem word, wat verantwoordelik is daarvoor om toe te sien dat die KSP behoorlik funksioneer. Die Komitee moet die Stadsraad adviseer oor enige saak wat die KSP aangaan wanneer die Raad dit versoek, en ook die hoof van die KSP omtrent sy of haar pligte. Ook evalueer die Komitee prestasie van die KSP. Die Komitee bestaan uit sewe Stadsraadslede en sewe gewone burgerlikes.
Die KSP se kantore is oor die stad versprei. Daar is twee hoofkantore, een in Kaapstad en een in Mitchellsplein, met Mitchellsplein wat die enigste kantoor is wat 24 uur oop is. Mark Sangster staan tans aan die hoof van die KSP.
VOORSKRIFTE:
Om direk met die KSP in verbinding te tree:
Tel: 021 378 1500
Tel: 021 400 1405
Die Kaapstadse Stadpolisie het ook 'n webwerf.
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
VERWANTE INLIGTING
Stad Kaapstad Openbare Noodkommunikasiesentrum (Diens)
Die Stig van 'n Stadsverbeteringsdistrik (SVD) (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 10 Februarie 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
