TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Misdaad, Regte en Justisie
Hoe om jou Gemeenskapspolisieforum te kontak
Hoe om jou Gemeenskapspolisieforum te kontak
BESKRYWING:
n Gemeenskapspolisieforum (GPF) bestaan uit organisasies en instellings soos skole, belastingbetalersverenigings, burgerlike organisasies, besighede en godsdienstige instellings wat in vennootskap met die plaaslike polisie werk. 'n GPF se oogmerk is om 'n veilige omgewing te skep en in stand te hou vir burgers wat in die GPF se gebied woon.
Die GPF ontwikkel elke jaar planne vir gemeenskapsveiligheid wat prioriteite en behoeftes vir die betrokke gebied identifiseer. Hierdie prioriteite en behoeftes word in samewerking met die GPF deur die gemeenskap bepaal en vorm deel van die plaaslike polisiestasie se operasionele plan. 'n GPF kan ook sy eie veiligheidsprojekte beplan en implementeer en kan by die provinsiale regering aansoek doen om die befondsing van hierdie projekte.
Stasiebevelvoerders van plaaslike polisiestasies is daarvoor verantwoordelik om GPF's in hul gebiede te vestig. Feitlik elke polisiegebied in die Wes-Kaap het 'n GPF. Elke GPF het sy eie grondwet (gebaseer op 'n eenvormige grondwet) en doelwitte, en kan ook subforums met spesifieke doelwitte hê. 'n Uitvoerende Komitee van die GPF moet gereeld verkies word. Die Stasiebevelvoerder moet altyd 'n lid van die Uitvoerende Komitee wees, maar nóg die voorsitter nóg die ondervoorsitter mag 'n lid van die polisie wees.
VOORSKRIFTE:
Jy kan jou GPF kontak deur met jou plaaslike polisiestasie in verbinding te tree. Jy kan vasstel of jou polisiestasie 'n GPF het deur hierdie lys deur te gaan.
VERSKAF BY:
Polisiestasies
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Departement van Gemeenskapsveiligheid (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
VERWANTE INLIGTING
Hoe om jou Buurtwag te kontak of te registreer, of opleiding en toerusting vir jou Buurtwag te kry (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 28 Maart 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
