Gemeenskapshowe
Gemeenskapshowe
Die volgende optrede is misdade in die strate van die Stad Kaapstad, kragtens Provinsiale Ordonnansies 562/1987 en 271/1995, en mense wat in hegtenis geneem word daarvoor sal na Gemeenskapshowe gestuur word:
drink in die openbaar belemmering van die vrye beweging van voetgangers of verkeer na 'n waarskuwing om dit nie te doen nie urineer of ontlas in die openbaar of op straat rommelstooi baklei op straat vloek op straat gil, skree of onnodige lawaai maak op straat betreding dobbel op straat bedryf van prostitusie op straat.
Ander kleiner oortredings of oortredings kragtens ander verordenings kan ook na Gemeenskapshowe verwys word.
As iemand in hegtenis geneem word in die middag of aand van 'n weeksdag sal sy of hy die nag in die sel van 'n polisiekantoor deurbring. Die volgende oggend sal sy of hy gestuur word na die selle by die Gemeenskapshof, waar sy of hy getakseer en verwerk sal word, indien moontlik op dieselfde dag; die doel is dat diegene wat gearresteer is net een nag in 'n sel moet deurbring. Die sake word nie uitgestel nie.
Die meeste sake word binne 36 uur van iemand se inhegtenisneming deur die Gemeenskapshowe hanteer. As iemand egter op 'n Vrydag of oor 'n naweek gearresteer word sal sy of hy tot Maandagoggend moet wag om oorgeplaas te word na die Gemeenskapshof.
Maatskaplike werkers, verteenwoordigers van nie-regeringsorganisasies soos NIMRO, en prokureurs van die Regshulpraad en universiteite se regsklinieke is permanent op bystand by die Gemeenskapshowe.
Gemeenskapshowe is deel van die strategie om groter misdade te voorkom deur kleiner misdade doeltreffend te hanteer. Hulle sal ook help om die werklas te verlig van die Landdroshowe.
Gemeenskapshowe is gemik op die rehabilitasie van oortreders; die meeste vonnisse wat opgelê word deur die Gemeenskapshowe behels 'n boete, gemeenskapdiens, of 'n opgeskorte vonnis, afhangende van die persoon wat in hegtenis geneem is.
