TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Misdaad, Regte en Justisie
Aanmelding van Misdaad
Aanmelding van verkragting
Aanmelding van verkragting
BESKRYWING:
Indien jy verkrag of seksueel gemolesteer is, kan jy dit by die polisie aanmeld. Dit is jou keuse of jy dit wil aanmeld, maar as jy dit nie aanmeld nie, sal die saak nie ondersoek word nie en sal daar nie vervolging wees nie. Die polisie mag nie weier om jou saak te ondersoek as jy dit aanmeld nie. As daar egter na die polisie se ondersoek te min bewyse is, kan die aanklaer besluit om nie te vervolg nie.
Daar is nie 'n tydsbeperking op die aanmelding van verkragting nie, terwyl ander seksuele oortredings 'n tydsbeperking van 20 jaar het. As jy dit egter nie kort nadat die verkragting plaasgevind het, aanmeld nie, kan fisiese getuienis verlore gaan en kan dit moeilik wees om getuies te vind, wat suksesvolle vervolging sal bemoeilik. Wanneer jy die verkragting aanmeld, sal die polisie jou hospitaal toe neem waar jy medikasie teen MIV/vigs sal ontvang. Dit is belangrik om hierdie medikasie so gou moontlik na die verkragting te neem
As jy 'n kind is, of verkragting of seksuele molestering namens 'n kind aanmeld, word die saak anders hanteer.
VOORSKRIFTE:
Die ontbied van die polisie
Die mediese ondersoek
Wat gebeur as die verdagte borgtog kry?
Die verhoor
Steunorganisasies
DIE ONTBIED VAN DIE POLISIE
Jy kan verkragting aanmeld deur na die naaste polisiestasie te gaan. Jy kan ook verkragting aanmeld deur die naaste polisiestasie te bel. As jy 'n verkragting telefonies aanmeld, sal die polisie 'n voertuig stuur om jou te kom haal. As 'n polisievoertuig dalk nie onmiddellik beskikbaar is nie, mag jy lank wag om opgelaai te word. As jy ernstig beseer is, moet jy 'n ambulans of die noodnommer direk skakel.
Gewoonlik moet verkragting aangemeld word by die polisiestasie naaste aan waar die verkragting plaasgevind het (wat ver mag wees van waar jy bly). As jy egter na 'n ander polisiestasie gaan, mag die polisie jou nie wegstuur nie. Hulle moet die eerste stappe van die ondersoek doen, wat die oopmaak van 'n saakdossier en die mediese ondersoek insluit, en die saak daarna na die korrekte polisiestasie aanstuur.
By die polisiestasie kan jy vra om met 'n vroulike polisiebeampte te praat. 'n Vrou is egter dalk nie altyd beskikbaar nie. Jy hoef nie al die besonderhede van wat gebeur het in die aanklagkantoor te gee wanneer jy die verkragting aanmeld nie. Nadat jy genoem het dat jy 'n verkragting wil aanmeld, moet jy na 'n private plek soos 'n kantoor, of die traumakamer, geneem word, wat 'n meer gemaklike lokaal is waar daar moontlik ook opgeleide vrywilligers is om jou te help. Die meeste polisiestasies het traumakamers wat veronderstel is om altyd oop te wees, selfs oor naweke en in die nag.
Jy hoef slegs 'n kort verklaring af te lê oor wat gebeur het en die verkragting in die insidentregister ('n boek waarin alle misdade aangeteken word) by die polisiestasie laat aanteken, voordat jy vir 'n mediese ondersoek geneem word. Jy moet probeer om onmiddellik 'n volledige beskrywing van die verkragter te gee en te sê waar jy hom laas gesien het sodat die polisie kan probeer om hom so gou moontlik te arresteer.
Jy hoef eers ná die mediese ondersoek 'n volledige verklaring af te lê oor wat gedurende die verkragting gebeur het, gewoonlik 'n dag of wat later, nadat jy 'n bietjie tyd gehad het om tot verhaal te kom. Die volledige verklaring sal aan 'n speurder (ondersoekbeampte) gegee word, wat die enigste polisiepersoon sal wees wat die besonderhede van die saak ken.
DIE MEDIESE ONDERSOEK
n Staatsdokter (die distriksgeneesheer) sal die mediese ondersoek doen, gewoonlik by 'n hospitaal. Jy kan jou eie privaat dokter vra om die mediese ondersoek te doen, maar hulle is gewoonlik nie opgelei om forensiese getuienis te versamel nie en het moontlik nie tyd om hof toe te gaan nie. Die dokter moet jou ook medikasie gee teen MIV/Vigs. Omdat die doel van die mediese ondersoek is om forensiese getuienis te versamel, moet jy nie was voor die mediese ondersoek nie, omdat die was getuienis verlore kan laat gaan. Jy moet ook die klere wat jy tydens die verkragting gedra het, saambring, sodat dit ook vir getuienis ondersoek kan word.
Indien die polisie 'n verdagte arresteer, mag dit dalk nodig wees om 'n uitkenningsparade te hou waar jy die verkragter sal moet uitwys indien hy een van die persone in die uitkenningsparade is. Indien die polisiestasie 'n eenrigtingvenster vir dié doel het, sal dit vir die uitkenningsparade gebruik word. Jy hoef nie aan die verdagte te raak nie en jy moet weier as iemand jou vra om dit te doen.
Wanneer jy jou verklaring aflê, moet jy so veel as moontlik besonderhede gee oor wat gebeur het, veral of die verkragter jou gedreig het en of hy gewelddadig was. Maak seker dat die polisie weet indien jy dink die persoon weet waar jy bly en as jy bang is dat hy jou kan intimideer. Dit is belangrike inligting wat die hof sal help om, nadat hy gearresteer is, te besluit of hy op borgtog vrygelaat moet word of nie.
WAT GEBEUR AS DIE VERDAGTE BORGTOG KRY?
Indien borgtog aan die verkragter toegestaan word, moet die polisie jou daarvan in kennis stel, asook van die voorwaardes van sy borgtog. Een van die voorwaardes van borgtog is altyd dat hy nie toegelaat word om met jou te praat of jou op enige manier te bedreig nie. Indien hy wel met jou praat of enige van die ander voorwaardes verbreek, moet jou die speurder wat jou saak behartig onmiddellik skakel en 'n verklaring daaroor aflê.
DIE VERHOOR
Ongelukkig kan dit baie lank neem voordat jou saak in die hof verhoor word, en indien die polisie nie genoeg getuienis vind nie, mag die aanklaer besluit om nie die saak te vervolg nie. As jy ontevrede is oor die manier waarop die polisie jou saak hanteer het, kan jy 'n klag daaroor lê. Jy kan hulp kry by enige van die organisasies wat slagoffers van seksuele geweld help met voorbereiding vir die verhoor en met enige ander probleem wat jy mag ondervind.
Probeer vooraf met die aanklaer reël dat jy die dag van die verhoor vroeg daar sal wees en 'n aparte plek sal hê om te wag voordat die verhoor begin, aangesien dit kan gebeur dat die verkragter en sy ondersteuners aanmerkings oor jou kan maak waar jy dit kan hoor en probeer om jou op ander maniere te intimideer. Sommige howe het aparte wagkamers vir getuies wat jy kan gebruik in plaas daarvan om in die gang saam met die verkragter en sy ondersteuners te wag. Indien die hof nie 'n wagkamer vir getuies het nie, vra die aanklaer om 'n ander kantoor aan jou beskikbaar te stel.
STEUNORGANISASIESOrganisasies wat met vroue- en kinderslagoffers van (seksuele) geweld in die Wes-Kaap werk
ORGANISASIE
BESKRYWING
-uur telefoonberading vir algemene trauma
-uur telefoonberading vir algemene trauma by kinders
Berading vir geweld teen vroue in die algemeen
Berading en raad vir mishandelde vroue
Berading en raad vir slagoffers van seksuele aanranding 14 jaar en ouer 24 uur per dag
Berading en raad vir slagoffers van seksuele aanranding 14 jaar en ouer 24 uur per dag
Berading en raad vir slagoffers van seksuele aanranding 14 jaar en ouer 24 uur per dag
Algemene regsadvies
Hulpbronne gemik op die voorkoming van kindermishandeling en verwaarlosing
Berading en advies vir gemolesteerde kinders, 16 en jonger
tolvry nommer 08000 35553
Berading oor kwessies van seksualiteit
Traumasentrum vir Slagoffers van Geweld en Marteling
Beradingsdiens vir algemene trauma en geweld
VERSKAF BY:
Polisiestasies
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
VERWANTE INLIGTING
Behandeling vir Seksuele Mishandeling/Verkragting (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 20 Januarie 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
