TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Sake en Ekonomie
Dranklisensies
Hulp met Taverne Lisensies
Hulp met Taverne Lisensies
BESKRYWING:
Die oogmerk van die tavernelisensiëring inisiatief is om die eienaars van sjebiens en mense wat ongelisensieerde drinkplekke bedryf, aan te moedig om hulle ondernemings wettig te maak.
Die Groenskrif oor dranklisensiëring beraam dat daar nagenoeg 18 000 onwettige sjebien- en taverne-operateurs in die Wes-Kaap is.
Die projek sluit bewusmakingsprogramme in wat deur SABMiller en die plaaslike regeringsektor aangebied en deur die Provinsiale Drankraad onderskryf word.
Die tavernelisensiërings projek is in Junie 2001 by wyse van 'n werksessie in Beaufort-Wes van stapel gestuur. Die klem val tans op die informele behuisingsgebiede om Kaapstad.
Die eerste fase van die projek behels die verhoging van bewustheid by taverne- en sjebieneienaars deur hulle van inligting oor dranklisensies en die dranklisensiëringsproses te gee. As jy besluit om vir 'n dranklisensie aansoek te doen, sal SAB jou na 'n drankkonsultant verwys wat jou afslag sal gee om jou te help om vir die lisensie aansoek te doen.
Nadat jy om 'n dranklisensie aansoek gedoen het, sal SAB jou help met opleiding in sake- en bemarkingsvaardighede om jou onderneming te vestig.
VOORSKRIFTE:
As jy by hierdie program betrokke wil raak, kan jy Jacki Lange by SAB skakel: Tel: 021 658 7345
Faks: 021 683 4431
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
VERWANTE INLIGTING
Dranklisensie-aansoeke (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 29 Maart 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
