Bystand aan Jong Entrepreneurs
Bystand aan Jong Entrepreneurs
In 2001-2002 het 3 000 leerders van 64 skole opleiding ontvang om entrepreneurs te word.
Met die steun van die provinsiale regering het die volgende diensverskaffers jong entrepreneurs gehelp:
JASA is met drie programme besig wat entrepreneurskap onder die jeug aanmoedig.
Hierdie program gebruik die skool as basis en is geskik vir leerders vanaf Graad 1 tot Graad 12. Onderwysers gebruik speletjies, nabootsing, projekte en rollespel om kinders te help om 'n begrip vir die ekonomie en vir besigheid te ontwikkel.
Mini-ondernemingsprogram
Hierdie program is daarop gemik om opleiding in sakevernuf en lewensvaardighede vir senior sekondêre leerders te voorsien. Hierdie vaardighede sal hulle help om in die korporatiewe en sakewêreld in diens geneem te word, en/of hul eie ondernemings te begin. Leerders word uit verskillende kulturele agtergronde gewerf. Nadat hulle aan die program deelgeneem het, kry leerders die geleentheid om die internasionale eksamen vir ondernemers af te lê wat deur die Universiteit van Cambridge in die Verenigde Koninkryk bestuur word.
Besigheidsvestigings- en Volhoubaarheidsprogram
BESP help jongmense wat nie hul skoolloopbane voltooi het nie, en nie werk kan kry nie. Die program lei jongmense op om hul eie werkgeleenthede te skep en vol te hou. Ander dienste sluit die volgende in:
die ontwikkeling van sakeplanne hulp om krediet te bekom die vestiging van ondernemings raadgewing en mentorskap.
Skakel asseblief vir meer inligting met:
Tel: 021 448 7501
Faks: 021 448 7560
Die Umsobomvu-jeugfonds help om geleenthede te skep vir die indiensneming van jongmense en vir entrepreneurskap onder die jeug deur doeltreffende programme te ontwikkel, te befonds en te steun. Die fonds is deur die Suid-Afrikaanse Regering gestig in 'n poging om die hoë werkloosheidsyfer in die land die hoof te bied.
Bewysprogram vir Sakeontwikkelingsteun
Een van die programme wat deur Umsobomvu bedryf word, is die Bewysprogram vir Sakeontwikkelingsteun (Business Development Support Voucher Programme). 'n Bewys (voucher) is 'n dokument wat aan geselekteerde kliënte gegee word en wat hulle in staat stel om besigheidsteun by goedgekeurde diensverskaffers te koop. Die teikengroep vir die bewysprogram is hoofsaaklik jongmense tussen 18 en 35 jaar wat nie skoolgaan nie, en wat ondersteuningsdienste benodig om in 'n verskeidenheid sektore met ondernemings te begin of hul besighede in verskeie sektore, met inbegrip van toerisme, te verbeter.
Die bewysprogram sal aanvanklik in vyf provinsies van stapel gestuur word, onder andere in die Wes-Kaap.
Vir verdere inligting oor die program in die Wes-Kaap kan jy die Instituut vir Ontwikkelingsdienste by 021 683 1350 skakel.
Aanlyn-inligting en -raad
Die Umsobomvu Jeugwebtuiste bevat inligting oor entrepreneurskap en kan jou help vasstel:
of jy entrepreneursvernuf het hoe om 'n sakeplan uit te werk hoe om sakegeleenthede uit te ken hoe om jou eie sakeonderneming te registreer en te ontwikkel
Umsobomvu het ook met handige riglyne vir jong entrepreneurs na vore gekom:
Van Idee na Geleentheid: 'n Gids vir Jongmense
Sakefinansiering: 'n Gids vir Jong Entrepreneurs
Netwerke vir Sukses: 'n Gids vir Jong Entrepreneurs
Jou Eie Onderneming: 'n Gids vir Jong Entrepreneurs
Die Skryf van 'n Sakeplan: 'n Gids vir Jong Entrepreneurs
Hierdie jeugprojek bied die volgende dienste:
steun vir kuns en handwerk die ontwikkeling van sakevernuf tegniese opleiding.
Skakel asseblief vir meer inligting met:
Sentrumbestuurder
Tel: 021 448 6761
Faks: 021 448 6759
Skakel asseblief vir verdere inligting die provinsiale KMMO-buro:
Tel: 021 483 9118
