TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Sake en Ekonomie
Klein Sakeondernemings
Toegang tot Finansiering en Inligting oor Aansporingskemas
Toegang tot Finansiering en Inligting oor Aansporingskemas
BESKRYWING:
Die volgende is die hoof regeringsdepartmente, openbare entiteite en openbare-private vennootskappe wat klein ondernemings help om toegang tot finansiering te kry:
Die Klein Ondernemings Ontwikkelingsagentskap (SEDA)
Departement van Handel en Nywerheid (DHN)
Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK)
SEDA is die Departement van Handel en Nywerheid se agentskap vir die steun van klein ondernemings in Suid-Afrika. Die webwerf het 'n volledige afdeling oor Finansiering vir Jou Onderneming, met relevante raad en koppelings na al die nasionale en provinsiale instellings wat geld verskaf.
DEPARTEMENT VAN HANDEL EN NYWERHEID (DHN)
Die Departement self administreer verskeie skemas en kontant toelaes om entrepreneurs te help, waaronder:
Klein Medium Ondernemingsontwikkelingsprogram
Volle besonderhede van dié en verskeie ander nasionale aanmoedigingskemas is beskikbaar op die Departement se webwerf.
NYWERHEIDSONTWIKKELINGSKORPORASIE (NOK)
Die NOK bied 'n reeks finansiële dienste aan:
Aandele
Deelware-aanbieding
Waarborge
Opskorsende verkope
Groothandelsfinansiering
Steunprogram vir Nywerheidsvernuwing
Volledige inligting oor elk van dié produkte, aansoekvorms, prosedures en riglyne in beskikbaar op die NOK-webwerf.
Anders kan jy met die Wes-Kaapse kantoor in verbinding tree by:
Tel: 021 421 4794/5/6
Faks: 021 419 3570
Khula is in 1996 gestig om toegang tot finansies te fasiliteer vir KMMOs. Dit is 'n groothandels finansieringsinstelling, wat beteken dit verskaf steun deur derde party-instellings, waaronder handelsbanke, kleinhandel finansiële tussengangers (KFTs) en mikrokrediet-afsetplekke. Deur hulle Thuso-mentorskapprogram verskaf Khula ook mentorskapprogramme om entrepreneurs te lei en raad te gee in verskeie aspekte van die bestuur van hulle ondernemings.
Besoek vir meer inligting die Khula-webwerf of skakel met hulle by:
Tel: 011 807 8464
Faks: 011 807 9023
Tolvrye hulplyn: 0800 11 8815
CASIDRA is 'n organisasie wat plattelandse ontwikkeling in die Wes-Kaap aanmoedig. Hulle bestuur die Ikapa Absa Entrepreneursprogram, wat mede-gefinansier word deur die Provinsiale Regering van die Wes-Kaap en Absa. Hulle bied sakelenings aan vir plattelandse ontwikkeling wat wissel van R10000 tot R160 000. Dié lenings word terugbetaal oor 3 jaar teen 'n vaste rentekoers van 10%. Aansoekers moet 'n lewensvatbare sakeplan indien.
n Lys vereistes en aansoekvorms is beskikbaar by Red-deursentrums en CASIDRA-kantore.
Skakel vir meer inligting :
VERSKAF BY:
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
VERWANTE INLIGTING
Swart Ondernemings Verskaffersprogram (Diens)
Die RED-deur - Ware Ondernemings-ontwikkelingsinisiatief (Staatsliggaam)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 1 Augustus 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
