Aansoeke om Steun van die Nasionale Bemagtigingsforum (NBF)
Aansoeke om Steun van die Nasionale Bemagtigingsforum (NBF)
Dié diens sit die werk van die Nasionale Bemagtigingsfonds uiteen en verduidelik hoe jy van die spektrum van dienste gebruik kan maak. Dit is veral van belang vir die persoon wat met 'n nuwe onderneming wil begin, maar daar is ook baie handige dienste vir groot sakeondernemings.
WAT IS DIE NASIONALE BEMAGTIGINGSFONDS?
WAT IS DIE FILOSOFIE VAN DIE NBF?
HOE DOEN EK AANSOEK OM BEFONDSING?
WAT IS DIE NASIONALE BEMAGTIGINGSFONDS?
Die NBF is deur die Wet op die Nasionale Bemagtigingsfonds van 1998 tot stand gebring om gelyke ekonomiese geleenthede en transformasie te bevorder en te vergemaklik.
Die Nasionale Bemagtigingsfonds (NBF) is in Mei 2004 weer deur die Minister van Handel en Nywerheid Mandisi Mpahlwa van stapel gestuur om die pogings weer te fokus en te verfris.
Die NBF-trust val onder die Departement van Handel en Nywerheid en die raad van trustees staan onder die Voorsitterskap van die direkteur-generaal van die departement, Dr Alistair Ruiters.
Kom meer oor die geskiedenis op die webblad te wete.
Die hoofdoel is om te help om ekonomiese billikheid en transformasie 'n hupstoot te gee, en daardeur bemagtiging te bevorder.
Die deurvoer van die breedgebaseerde bemagtigingshandves, regeringsbeleid en ander sektorale handveste; en 'n dieper besef van die behoeftes van die huidige mark, het aanleiding tot die nuwe mandaat gegee, wat uitgeloop het op die verhoogde operasionale sakepilare van die NBF.
Dit is:
Raadgewende Dienste, wat toesig hou oor die volgehoue standardisering en toepassing van die handveste in die regerings- en private sektor.
Korporatiewe Transformasiedienste, wat transformasie sal volhou wat op 'n spesifieke grondslag, wat deur die nasionale belang bepaal word, op korporatiewe en streeksvlakke gemik is.
Markskeppende Dienste, wat 'n katalisator-rol speel in die fasilitering van SEB-beleggingsgeleenthede wat die volhoubaarheid van eienaarskap en transformasie binne die geskiedkundig-benadeelde sektor sal verseker.
Groep- en Entrepreneurskemas, ondernemingsontwikkeling en medewerkende vennootskapvorming om aanbiedings te bewerkstellig.
WAT IS DIE FILOSOFIE VAN DIE NBF?
NBF wil SEB-groepe finansier wat bereid is om die hand aan die ploeg te slaan en waarde by die transaksies te voeg deur transformasie ten volle na te streef.
Die fokus is op streeks- en gemeenskapsontwikkeling om ondernemingsgroei stukrag te gee.
Die NBF sal ook 'n BEE raadgewende diens aan die Regering en die private sektor verskaf om volgehoue handvestoepassing in alle sektore moontlik te maak.
NBF sal 'n aansienlike aandeel hê aan die ontwikkeling van 'n strategie om transformasie in geteikende gebiede en sektore van die ekonomie toe te pas.
NBF sal plattelandse gemeenskappe bystaan om hulleself deur geteikende aanbiedings op te hef.
NBF sal as 'n medium vir dialoog met die private sektor dien oor hulle korporatiewe en industriële strategie vir transformasie en SEB.
HOE DOEN EK AANSOEK OM BEFONDSING?
Die NBF se befondsingsbedrywighede val tans onder Entrepreneursteun, wat in die Groep en Entrepreneurskemas-afdeling (GES) bestaan. Dié aanbieding verskaf aanskaffings-en ondernemingfinansiering om geskiedkundig-benadeelde Suid-Afrikaanse entrepreneurs te steun. Entrepreneursteun verskaf aandeel- en skuldfinansiering in ooreenstemming met waagkapitaalbeginsels, binne 'n ontwikkelingskonteks.
Om toegang tot produkte onder GES te kry, word met 'n befondsingsaansoekproses begin deur die voltooiing van 'n keuringsaansoekvorm wat die geskiktheidskriteria en handelslewensvatbaarheid toets. Inligting oor die kriteria en bystand met ons produkte en dienste is beskikbaar op ons webblad www.nefcorp.co.za.
Meer inligting is beskikbaar by:
Handel en Nywerheid se inbelsentrum: 0861 843 384
Tel: 011 731 9000
Faks: 011 447 4859
