TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Kuns en Kultuur
Permitte
Aansoek om 'n visum om Suid-Afrika te besoek
Aansoek om 'n visum om Suid-Afrika te besoek
BESKRYWING:
Die meeste nie-Suid-Afrikaanse burgers wat Suid-Afrika wil binnekom, moet oor 'n geldige visum beskik. In die visum word die doel en duur van die besoek aangedui.
Vereistes waaraan voldoen moet word om Suid-Afrika binne te kom
Wie moet vir 'n visum aansoek doen?
Waar kan jy vir 'n visum aansoek doen?
Hoe om vir 'n visum aansoek te doen
Kontakbesonderhede
VEREISTES WAARAAN VOLDOEN MOET WORD OM SUID-AFRIKA BINNE TE KOM
Voordat jy toegelaat sal word om Suid-Afrika binne te kom, moet jy die volgende hê:
n geldige en aanvaarbare paspoort / reisdokument vir die tydperk wat jy beplan om in die land te bly n geldige visum, indien dit vereis word voldoende fondse n retoer-/deurgangskaartjie n geelkoorsinentingsertikaat indien jy deur die geelkoorsstrook van Afrika of Suid-Amerika reis.
WIE MOET VIR 'n VISUM AANSOEK DOEN?
Besoekers wat nie Suid-Afrikaanse paspoorte het nie, moet aansoek doen vir visums. Dit sluit mense in wat met vakansie na Suid-Afrika kom of op 'n sakebesoek is.
Besoekers met paspoorte van die Verenigde Koninkryk of Groot-Brittanje en Noord-Ierland (insluitend die Britse eilande Bailiwick of Guernsey en Jersey, die eiland Man en Maagde-eilande, die Ierse Republiek sowel as oorsese Britse grondgebied) is volwaardig vrygestel van Suid-Afrikaanse visumkontrole en het nie visums nodig vir enige rede/doel nie.
Besoekers van sekere ander lande is ook in sekere omstandighede vrygestel van die visumvoorwaardes.
WAAR KAN JY VIR 'n VISUM AANSOEK DOEN?
Jy moet reël om 'n visum te kry voordat jy na Suid-Afrika kom. Jy kan nie by inklaringshawens in Suid-Afrika vir 'n visum aansoek doen nie.
Indien daar 'n Suid-Afrikaanse ambassade of konsulaat in jou land is, moet jy jou visumaansoek by hulle indien.
Indien daar geen Suid-Afrikaanse ambassade of konsulaat in jou land is nie, kan jy jou aansoek na die volgende adres stuur:
Die Direkteur-Generaal van Buitelandse Sake
Onthou dat jy nie vir 'n visum aansoek kan doen wanneer jy in Suid-Afrika aankom nie.
Wanneer jy by die Suid-Afrikaanse inklaringshawe aankom, bv. Johannesburg Internasionale Lughawe, sal jy 'n tydelike verblyfpermit ontvang wat jou visum sal vervang en sal aandui hoe lank jy in die land mag bly.
Hierdie tydelike verblyfpermit (TVP) moet geldig gehou word en 'n aansoek om verlenging (BI-159) kan by enige streek- of distrikskantoor van die Departement van Binnelandse Sake in Suid-Afrika ingedien word.
VOORSKRIFTE:
HOE OM VIR 'n VISUM AANSOEK TE DOEN?
Om vir 'n visum aansoek te doen, moet jy:
die aansoekvorm indien;
jou paspoort toon (of gewaarmerkte afskrifte indien die aansoek gepos word);
twee paspoortfoto's indien;
R425,00 of US$47 of e43 visumgeld betaal, indien van toepassing (kyk lys van lande onderhewig aan visumgeld), en kan bewys dat jy 'n vliegkaartjie bespreek het.
Indien jy vir 'n sakevisum aansoek doen, moet jy ook 'n uitnodigingsbrief van die Suid-Afrikaanse maatskappy wat jy gaan besoek, sowel as 'n brief van jou maatskappy indien.
KONTAKBESONDERHEDE
Vir meer inligting oor hoe om vir 'n visum vir 'n besoek aan Suid-Afrika aansoek te doen, tree in verbinding met die Suid-Afrikaanse ambassade of konsulaat naaste aan jou of besoek die webwerf van die Department van Binnelandse Sake.
VERSKAF BY:
Binnelandse Sake-kantore
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
PRYS:
Besoekers van sekere lande moet aansoekgeld van R425, US$47 of e43 betaal.
VERWANTE INLIGTING
Doen aansoek om 'n paspoort (Diens)
Geelkoorssertifikate (Diens)
Buitelandse Valuta Toelaes (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 20 Julie 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
