Steun vir Musikante in die Wes-Kaap
Steun vir Musikante in die Wes-Kaap
HOOGTEPUNTE
Inligtingsessie
Tussentydse Werksgroep
Wat is betrokke?
Registrasievorm n Behoefte om die musiekbedryf te herstruktureer is oor 'n tydperk uitgeken deur besorgde musikante, maar hulle het voorheen geen steun van die regering gehad nie. Die siekte van Mnr Robbie Jansen, die Jazzlegende van Kaapstad het weer die verknorsing van musikante na vore gebring. Hulle is onder meer bekommerd oor:
die regte van musikante, die stig van 'n steunfonds, en die gebrek aan pensioen- en mediese voordele vir musikante.
AGTERGROND
Die oud-hoof van die Departement, Mnr Rod Solomons, het in April 2005 'n dringende vergadering belê met vooraanstaande musikante, geleentheidsorganiseerders en radio-platejoggies. Die vergadering is georganiseer en bestuur deur Kelvin Katz en Rod Solomons. Deelnemers wat die vergaderings en slypskole bygewoon het, het 'n Tussentydse Musikantedrukgroep op die been gebring. Onder die lede van die struktuur was Dimitri Jegels, wat dit van die hand gewys het weens ander verpligtinge, Rashid Lombard (wat uitnodigings om vergaderings by te woon van die hand gewys het), Jai Reddy, Mohammed Fall, Joe Mthimka, Kobus Kwezi, André Petersen en Spencer Mbadu.Op die eerste Wes-Kaapse Musikantekonferensie, wat gehou is op die 7de en 8ste Maart 2006, by die BOE-konferensiesentrum in die Waterfront, is 'n Tussentydse Wes-Kaapse Musikantevereniging opnuut gekies. Die afgevaardigdes wat die konferensie bygewoon het, het 'n mandaat gegee aan die Tussentydse Wes-Kaapse Musikantevereniging.
DOELWITTE VAN DIE WES-KAAPSE MUSIKANTEVERENIGING
Om 'n herkenbare struktuur oor die hele provinsie in te stel wat die Musikantevereniging na die mense bring.
Om bronnesentrums te stig oor die hele provinsie (in die 6 streke, nl. Boland, Weskus, Eden, Sentrale Karoo, Overberg en Metropool) wat gebruik kan word deur kunstenaars, tegnici, werkgewers vir inligting, opvoeding, steun, ens.
Om 'n databasis op te stel van die betrokke persone in die musiekbedryf oor die hele Wes-Kaap.
Om 'n steunfonds te stig en te bestuur om musikante te help steun wat geldelik sukkel
Om platforms te stig waar musikante en ander rolspelers ekonomies bemagtig kan word.
Om gedragskodes op te stel wat kwessies dek soos fooie en verdienste; gedragskodes, ens.
Om talentvolle jongmense op te lei en te koester sodat hulle môre se sterre?Suid-Afrikaanse sterre kan word.
VENNOTE
Departement van Kultuursake en Sport
Departement van Ekonomiese Ontwikkeling Toerisme
Skakel asseblief vir meer inligting:
Projekbestuurder
Departement van Kultuursake & Sport
Tel: 021 483 9722
Faks: 021 483 9711
Assistent-projekbestuurder
Departement van Kultuursake & Sport
Tel : 021483 9717
Faks: 021 483 9711
