TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Kuns en Kultuur
Befondsing en Ondersteuning
Befondsing vir Projekte wat ons Erfenis Bevorder, Ontwikkel en Bewaar
Befondsing vir Projekte wat ons Erfenis Bevorder, Ontwikkel en Bewaar
BESKRYWING:
Befondsing is beskikbaar vir kuns- en kultuurprojekte wat deur kultuurorganisasies onderneem word. Projekte moet gerig wees op die bevordering, bewaring en ontwikkeling van die kultuur en erfenis.
Befondsing word jaarliks oorweeg en aansoeke moet teen 31 Maart van elke jaar ingedien wees.
Kultuurrade wat by die Wes-Kaapse Kultuurkommissie geregistreer is, mag ook aansoek doen om befondsing vir konferensies en navorsings- en kultuurverwante projekte.
VOORSKRIFTE:
Aansoekers moet 'n kultuurorganisasie verteenwoordig en die projek waarvoor befondsing verlang word, moet kuns- en kultuurverwant wees.
U sal 'n aansoekvorm moet invul wat beskikbaar is by die Hoof: Kultuurprojekte, me. Nerine Jeaven, of aanlyn.
Om aansoek te doen om 'n jaarlikse toekenning moet u die vorm getitel 'Besigheidsplan/Jaarlikse Herhalende-uitgawe-toekennings' (Vorm NZA2) invul. Maak seker dat u hou by die datums van u projek, aangesien geen befondsing agterna goedgekeur sal word nie.
Kultuurrade wat ingevolge die Wes-Kaapse Kultuurkommissie en Kultuurradewet, Wet 14 van 1998, geregistreer is, moet vorm WC3 invul.
Aansoeke moet gerig word aan:
Die Hoof: Kultuurprojekte
Tel: 021 424 0410
Faks: 021 424 0457
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Kultuur en Erfenis (Departement van Kultuursake en Sport, Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
VERWANTE INLIGTING
Projekbefondsing vir die Ontwikkeling van Kultuur- en Erfenistoerisme (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 24 Maart 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
