TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Gidse
Dienste
Landbou
Veeboerdery
Veeartsenykundige Dienste
Veeartsenykundige Dienste
BESKRYWING:
Die Veeartsenykundige Dienste van die Departement van Landbou bied 'n verskeidenheid dienste aan boere, met inbegrip van die volgende:
dieregesondheidsdienste dienste vir die identifisering van vee die versekering dat behoorlike higiëniese toestande gehandhaaf word wanneer diere geslag word beheer oor in- en uitvoer.
DIEREGESONDHEIDSDIENSTE
Die Nasionale Direktoraat Veeartsenykundige Dienste is verantwoordelik vir die beheer oor en aanmelding van dieresiektes in Suid-Afrika ten einde te verhoed dat ander vee aangesteek word en om te verhinder dat mense besmette vleis eet.
Beheer van Dieresiektes:
Die Direktoraat is verantwoordelik vir die beheer van siektes wat besonder gevaarlik is. Ten einde dit te kan doen, moet die Direktoraat:
inligting oor hierdie siektes voorsien, asook oor hoe hulle behandel behoort te word;
die beweging van diere oor die grense van die land heen beheer ten einde te verhoed dat dieresiektes die land vanuit naburige lande binnekom;
die beweging van diere in en uit permanent beheerde gebiede kontroleer;
besmetting deur bemiddeling van die staatslaboratoriums diagnoseer en bevestig;
gratis toetse vir bepaalde dieresiektes uitvoer (naamlik hondsdolheid, brusellose en sponsagtige beesenkefalopatie), en toesien dat veeartse aanmeldbare siektes aan die Departement rapporteer.
Verslae:
Die Direktoraat hou 'n databasis van siektes en hul definisies op datum. Dit sorg ook vir maandelikse en jaarlikse verslae oor dieresiektes, en vir syfers aangaande die veestapel.
DIENSTE VIR DIE IDENTIFISERING VAN VEE
n Sentrale registrasiestelsel word in stand gehou waarin die unieke identifiseringsmerke van alle eienaars van vee gelys word. In Suid-Afrika is dit verpligtend dat alle plaasdiere gemerk moet wees, en u mag slegs 'n identifiseringsmerk gebruik wat by die Nasionale Direktoraat vir Veeartsenykundige Dienste geregistreer is.
Ten einde 'n identifiseringsmerk te registreer, is dit nodig dat u die aansoekvorm invul en dit aan die volgende adres stuur:
Die Registrateur: Identifisering
Departement van Landbou
Privaatsak X138
Pretoria
Om 'n identifiseringsmerk te registreer, is daar 'n bedrag van R100,00 betaalbaar. Dit kan met 'n posorder betaal word wanneer u die aansoekvorm instuur.
Vir besonderhede oor hoedat identifiseringsmerke kan lyk, en oor wanneer diere gemerk behoort te word, moet u asseblief die Departement se Inligtingsdokument vir die Indentifisering van Diere raadpleeg.
Deur die aansoekvorm om oordrag na die adres hierbo te stuur, is dit moontlik om identifiseringsmerke van een vee-eienaar na 'n ander te laat oordra.
Wanneer vee verkoop word, moet 'n vorm wat as identifiseringsdokument dien, ingevul word. Die koper moet hierdie vorm vir een jaar hou as bewys van die kooptransaksie.
VOEDSELVEILIGHEID
Die Nasionale Direktoraat Veeartsenykundige Dienste is verantwoordelik vir beleidsbepaling en regulasies wat daarop gemik is om behoorlike higiëniese standaarde te handhaaf by die slag van vee met die doel om vleis te bekom wat geskik sal wees vir verbruik deur mens en dier. Dit stel ook regulasies op vir die hantering en bewaring van sodanige vleis en diereprodukte by die slagpale, en vir die vervoer daarheen en daarvandaan.
Die provinsiale en plaaslike owerhede is vir die implementering van hierdie wette en regulasies verantwoordelik. Dit word oor die algemeen deur vleisinspekteurs gedoen. Die Direktoraat het handleidings vir vleisinspekteurs saamgestel om inligting en praktiese leiding te voorsien ten einde inspekteurs te help.
Een van die meganismes wat vir die beheer van die slagpale beskikbaar is, is die stelsel vir die assessering van higiëne.
Die Departement hou ook 'n lys van slagpale op datum.
BEHEER OOR IN- EN UITVOER
Die Nasionale Direktoraat Veeartsenykundige Dienste is daarvoor verantwoordelik om die invoer en uitvoer van lewende diere en van diereprodukte te beheer.
Invoere:
Indien u enige van die volgende wil invoer, is dit nodig dat u eers 'n invoerpermit van die Departement van Landbou verkry:
Lewendige diere (gewerweldes) met die uitsondering van visse
Semen en embrio's van diere
Vleis met die uitsondering van vis
Ander eetbare diereprodukte (bv. suiwelprodukte, os vir troeteldiere)
Nie-eetbare diereprodukte (bv. velle, wol, jagtrofeë)
Biologiese produkte en entstowwe
Patologiemonsters
Uitvoere:
Wanneer u lewende diere of diereprodukte na 'n ander land wil uitvoer, is dit nodig dat u aan die gesondheidsvereistes van daardie land sal voldoen. Dit mag beteken dat u 'n gesondheidsertifikaat moet bekom. Inligting oor hierdie vereistes kan by Veeartsenykundige Dienste verkry word.
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
PRYS:
VERWANTE INLIGTING
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 17 Mei 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
