bladsy 26
D. ALLE ORGANISASIES WAT BEFONDSING GEDURENDE DIE VORIGE FINANSLE JAAR ONTVANG HET
Evaluasie van dienste gedurende die vorige finansiele jaar: gebruik asb u Diensplan wat die vorige jaar ingedien is om veranderings, en/of impak wat deur u organisasie en die dienslewering gemaak is, te assesseer. Sommige organisasies het 'n kontrak met die department onderteken en moes gereelde vorderingsverslae indien. Hierdie evaluering sal dan 'n opsomming van sodanige verslae wees.
Bestuur: Verwys na sake soos - is nuwe lede verkies? Het nuwe lede enige opleiding ontvang? Is die komposisie van die bestuur in lyn met die Konstitusie van Suid-Afrika/ u gemeenskap? Het die bestuur gereeld ontmoet of was daar probleme ondervind, en indien so, wat was die probleme? Is die bestuur bewus van die inhoud van die diensplan / was dit bespreek met die bestuur? Is daar 'n opvolgplan vir nuwe bestuur; hoe lank mag 'n lid herverkies word voordat sodanige lid moet uittree. Was bestuur betrokke by die monitering van dienste en begroting en hoe was dit gedoen?
Personeel: Word personeel aangestel volgens Arbeidsbeleid (Employment Equity)? Het opleiding van personeel plaasgevind? Wat was die resultaat en impak van opleiding? Was personeel betrokke by besluitneming en beplanning? Het personeel gereeld supervisie ontvang? Wat was die omset van personeel, het omset probleme vir dienslewering veroorsaak? Het personeel-evaluering plaasgevind?
Implementeringsplan: Bespreek resultate van diens(te) en aktiwiteite soos vervat in die vorige diensplan. Wat is behaal? Wat was die beperkinge (probleme) en uitdagings?
Netwerk: Wat was die doel van netwerk met die Departement se distrikskantoor en ander rolspelers (werksooreenkomste) in die gemeenskap? Wat was die resultate hiervan: het die dienslewering bevoordeel/verbeter en bygedrae tot die sukses van dienste/aktiwiteite/ gebeurlikhede was tesame beplan is? Is probleme ondervind en hoe is dit oorkom?
Begroting: Het u aktiwiteite/projekte se kosteberekening gedoen vooraf en was dit realisties in terme van beplanning en uitvoering? Is u organisasie volhoudbaar? Het u daarin geslaag om befondsing by ander donateurs te verkry? Is daar in u gemeenskap geleenthede vir fondsinsameling?
Monitering en Evaluering: Die organisasies wat deur die Direktoraat Monitering en Evaluering van die Departement geassesseer is, moet asb die proses evalueer, en aandui of die voorwaardes wat in die Oordragbetalingsooreenkoms ingebou is, nagekom kon word; indien nie, wat was die redes? Word daar in hierdie diensplan voorsiening gemaak vir langtermyn sake?
Enige ander sake
