Doeltreffende besluitneming en verbeterde dienslewering deur inligtings- en kennisbestuur"
KONTAKBESONDERHEDE
DEPARTEMENT STRATEGIESE-ONTWIKKELINGSINLIGTING
EN GIS
Tel 021 400 2796
Korporatiewe GIS
Tel 021 487 2264
Tel: 021 487 2265
Mark van der Merwe: ruimtelikedatabestuur
Tel: 021 487 2814
Tel: 021 487 2320
Strategiese inligting
Tel: 021 400 2066
Tel: 021 487 2819
Tel: 021 400 4534
Inligting- en kennisstrategie
Tel: 021 487 2394
Kennishulpbronne en steundienste
Tel: 021 400 2633
Burgersentrum faks: 021 400 2715
Internet: http://www.capetown.gov.za besluitneming in die Stad te ondersteun. Hierdie missie is gegrond op die oortuiging dat geldige inligting en kennis die sleutelelemente in 'n doeltreffende besluitnemingsproses is.
ONS DOELWITTE
Die Stad Kaapstad moet met beperkte hulpbronne aan 'n wye spektrum ontwikkelingsbehoeftes aandag skenk. Ten einde te verseker dat hierdie hulpbronne doelmatig aangewend word, is behoorlike ontwikkelingsbeplanning en besluitneming gegrond op die regte inligting en kennis noodsaaklik.
Die doel van ons departement strategiese-ontwikkelingsinligting en GIS is om die gebruik van inligting en kennis te versterk om sodoende tot die toekomstige ontwikkeling van Kaapstad by te dra. Ons beoog om dit te bereik deur:
Stelsels en prosesse te ontwikkel om die deel van inligting en kennis deur die hele organisasie te bevorder;
Vernuwende en beste praktyke te deel;
Navorsing, tersaaklike ontleding en vertolking van inligting te doen.
ons kliënte se werk te ondersteun en die Stad se diensleweringsprogram te versterk.
Korporatiewe GIS
Hierdie takke lewer 'n geïntegreerde geo-inligtingswetenskap (GIS)-diens aan die Stad. GIS is 'n kragtige instrument in beplanning op plaaslikeowerheidsvlak omdat die meeste inligting uit 'n "ruimtelike" of geografiese komponent bestaan. Die dienste en produkte behels:
Ruimtelike inligting en ontleding;
Landmeting en lugfotografie;
Ruimtelike datavaslegging en bewaring;
Kartografie;
Opnames van grondgebruik.
Strategiese Inligting
Die dienste en produkte behels:
Verskaffing van ondersteuning ten opsigte van inligting, navorsing, landmeting en beleid aan die Stad se strategiese en stedelike ontwikkelingsprosesse;
Monitering van nasionale wetgewing en beleid;
Ontwikkeling van aanwysers, en samestelling van sosio-ekonomiese en demografiese inligting.
Beplanning en ontwikkeling van stelsels en prosesse om te reël dat korporatiewe inligting en kennis gedeel word;
Verskaffing van IKM-konsultasie ter ondersteuning van departementele inligtings- en kennisbestuursinisiatiewe.
Kennishulpbronne en steundienste
Die dienste en produkte behels:
Vestiging en bestuur van 'n eenstop- virtuele en fisiese inligtings- en kennishulpbronsentrum vir die Stad;
Departementele ondersteuning en ontwikkeling.
