Suid-Afrikaanse burgers wat in die buiteland gearresteer is
Beskrywing
Stappe om te volg
Regsraamwerk
Diensstandaard
Koste
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
Beskrywing
Ingevolge die Weense Konvensie oor Konsulêre Betrekkinge - die algemeen aanvaarde standaard in alle lande - moet persone wat buite hulle eie land gearresteer word, toegang tot hulle konsulêre verteenwoordiger hê. Suid-Afrikaners in hierdie situasie moet die owerhede onmiddellik vra om hulle toe te laat om met die Suid-Afrikaanse verteenwoordiger in daardie land in verbinding te tree. As alternatief kan iemand namens hulle met die Suid-Afrikaanse verteenwoordiger in daardie land, of die Afdeling Konsulêre Dienste by die Departement van Buitelandse Sake in Pretoria, in verbinding tree.
Konsulêre beamptes probeer sorg dat Suid-Afrikaanse burgers wat in die buiteland gearresteer is menslik behandel word terwyl hulle in gevangenskap is. In hierdie verband sal kwessies soos marteling, onmenslike of afbrekende behandeling of straf aangemeld en met die plaaslike owerhede opgeneem word. Die Verenigde Nasies se Standaard- Minimumreëls vir die Behandeling van Gevangenes word as 'n riglyn gebruik.
Watter dienste bied konsulêre beamptes aan Suid-Afrikaners wat in die buiteland aangehou word?
bewerkstellig, so gou moontlik nadat Suid-Afrikaanse burgerskap bevestig is, kontak met die aangehoudene. Dit stel Suid-Afrikaners wat ingevolge buitelandse jurisdiksie gearresteer is, aangehou word of in gevangenskap verkeer in staat om te verstaan wat hulle regte is en watter dienste die Suid-Afrikaanse regering hulle bied. Na gelang van spesifieke omstandighede sal kontak persoonlik, skriftelik, telefonies, of deur gepaste tussengangers bewerkstellig word.
verskaf algemene inligting oor die regstelsel van die land wat die arres opgelê het. Die inligting kan die volgende insluit: besonderhede oor regshulp en vervolging, 'n lys regsgeleerdes , prosedures vir die uitstel en hervatting van 'n verhoor, borg- en appèlprosedures - om hulle regte en die tersaaklike prosesse vir aangehoudenes verstaanbaar te maak behou kontak met die gearresteerde Suid-Afrikaanse burgers in die buiteland, maar kom die wette en regulasies van die land wat die arres opgelê het.
onderneem gevangenisbesoeke. Die frekwensie van die gevangenisbesoeke hang van die huidige beleid, die ligging, kultuur en wette van die staat wat die arres opgelê het, asook van die heersende veiligheidsituasie in die land en die gevangenis af.
tree met die gesin, familie of vriende in verbinding - maar slegs indien die aangehoudene skriftelik daarvoor vra. Daar sal geen kontak bewerkstellig, en geen inligting aan enigiemand oorgedra word sonder 'n geskrewe ooreenkoms deur die Suid-Afrikaanse burger wat in aanhouding of in die tronk verkeer nie.
fasiliteer die oordrag van fondse van familie of vriende in Suid-Afrika na die aangehoudene - ingevolge die wette en regulasies van die Suid-Afrikaanse regering en die staat wat die arres opgelê het. Die heersende magtiging bepaal dat fondse wat vanuit Suid-Afrika oorgedra word vir toiletware, kos en persoonlike items nie R2 000 per maand mag oorskry nie. Die bedrag sal nie na die volgende maand oorgedra word nie. Tree met die Afdeling Konsulêre Dienste in verbinding as jy hulp nodig het.
sorg dat mediese probleme ondie die gevangenisowerhede se aandag gebring word.
vergemaklik die stuur en aflewering van briewe, medikasie en studiemateriaal van familie en vriende in Suid-Afrika af. Hierdie fasiliteit is onderhewig aan die voorwaardes en heersende fooie van die Departement van Buitelandse Sake en die wette en regulasies van die land wat die arres opgelê het. Hierdie fooie kan van tyd tot tyd aangepas word.
Let wel:
Die Departement van Buitelandse Sake en die Suid-Afrikaanse verteenwoordigers in die buiteland doen hulle uiterste bes om te sorg dat geld, briewe, studiemateriaal en medikasie sonder onredelike vertraging aangestuur word. Die operasionele prioriteite van die ambassade, hoëkommissariaat of konsulaat kry egter voorkeur. Plaaslike omstandighede in die land speel ook 'n rol.
Konsulêre beamptes kan nie die volgende dienste aan Suid-Afrikaners in aanhouding verskaf nie:
hofverrigtinge of regsprosesse aan die gang sit of daarmee inmeng nie regsadvies verkry of verleen nie vrylating uit die tronk of op borgtog reël nie na gevaarlike gebiede of tronke reis nie n misdaad ondersoek nie beter behandeling beding as wat plaaslike burgers in die tronk kry nie - tensy die Verenigde Nasies se standaard- minimumreëls vir die behandeling van gevangenes nie nagekom word nie naasbestaandes of vriende aansê om geld oor te plaas nie regs-, mediese of ander rekeninge betaal nie verblyf, werk, visums of verblyfpermitte bekom nie werk onderneem wat deur reisagente, lugrederye, banke of motorverhuringsmaatskappye gedoen word nie burgers wat dubbele burgerskap het in die land van hulle tweede burgerskap bystaan nie vir die voorbereiding, vervoer, begrafnis of verassing van die stoflike oorskot van 'n Suid-Afrikaanse burger wat gesterf het, betaal nie.
Bo
Stappe om te volg
As jy in die buiteland gearresteer word, moet jy met jou naaste Suid-Afrikaanse verteenwoordiger of Konsulêre Diens by die Departement van Buitelandse Sake in verbinding tree.
As mense met dubbele burgerskap gearresteer word in die tweede land waarvan hulle burgerskap het, sal die Suid-Afrikaanse verteenwoordigers hulle nie te hulp kom nie. Indien mense met dubbele burgerskap op reis is met die paspoort van die tweede land waarvan hulle burgerskap het en dan gearresteer word in 'n land waarvan hulle nie burgerskap het nie, moet hulle in verbinding tree met die verteenwoordiger van die land met welke paspoort hulle gereis het.
Bo
Regsraamwerk
Daar bestaan geen gevangene-uitruilooreenkoms tussen Suid-Afrika en ander lande nie.
Bo
Diensstandaard
Die diensstandaard word op grond van elke individuele saak bepaal en hang af van die omstandighede in die land wat die arres opgelê het.
Bo
Koste
Die Departement van Buitelandse Sake bepaal die koste, waar van toepassing, op grond van die dienste wat gelewer is.
Bo
Vorms om in te vul
Die Suid-Afrikaanse verteenwoordiger sal die toepaslike aansoekvorms aan die aangehoudene gee.
Bo
Kontakbesonderhede
