






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES |GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Publikasies > Openbare Inligting > S > Studentegids oor Finansiering - NSGHS &gt 10 Dinge wat jy oor die NSGHS Moet Weet

10 Dinge wat jy oor die NSGHS Moet Weet




1. Die NSGHS is in 1996 deur die Suid-Afrikaanse Regering gestig.


2. Dit is gestig om seker te maak dat studente, wat die potensiaal het maar dit nie kan bekostig om self vir hulle studies te betaal nie, toegang het tot finansiering vir tersire onderrrig.


3. Dit word gefinansier deur die regering, internasionale skenkers en die private sektor.


4. TOFSA, wat in 1991 gestig is, het die skema tot 2000 bestuur en administreer, toe TOFSA die NSGHS geword het.


5. Al die geldelike hulp wat 'n suksesvolle aansoeker kry, neem die vorm van 'n lening aan.


6. Tot 40% van lenings kan in beurse omgeskakel word, afhangende van die student se slaagsyfer.


7. Leningsterugbetalings word heraangewend om toekomstige geslagte studente te help.


8. Die NSGHS Wet van 1999 laat die NSGHS toe om werkgewers leningsterugbetalings van die maandelikse salarisse van diegene wat hulp van die Skema ontvang het, te laat aftrek.


9. Leningsterugbetalings word gegrond op indiwidue se inkomste.


10. Die rente wat op lenings geis word, word gesubsidieer en is dus aansienlik minder as die handelskoers wat deur banke geis word.



INHOUD | < Vorige Afdeling | Volgende Afdeling >


INHOUD: Studentegids oor Finansiering - NSGHS

* Inleiding
* Hoe, Wat, Wanneer, Waar ...
* Die Terugbetaling van die Lening
* 10 Dinge wat jy oor die NSGHS Moet Weet
* Meer Inligting





This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 9 Februarie 2005 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





